Brakkanjan
Senior Member
G.A.S. welkom op Sealine. Ek het op 'n stadium ook baie by die Rivier gehengel en wil jou meedeel dat ek ook verlede jaar eenkeer in die koue gaan hengel het sonder 'n byt.
Ek wonder oor 2 dinge, het julle nie dalk te veel voer in die water gehad nie? Die tweede ding, het julle ook nie dalk te veel geure in die water gehad nie?
Naruto, ek het al gesien hoe van die ouens 'n voerkol maak in die rivier:
G.A.S ek glo as die vis in die Vaalrivier nie op Almond byt nie, gaan hulle nie sommer op iets anders byt nie

- Coke Bottel bo wat dryf, dik nylon tou wat geknoop is aan die onderkant deur een van daardie bakstene met die 3 gate. Dan word daar kaboeme in 'n lemoensakkie geplaas. Die voer kan nie wegspoel nie en die vis kan nie al die voer eet nie wat kan beteken dat daar heeltyd vis-aktiwiteit is.
G.A.S ek glo as die vis in die Vaalrivier nie op Almond byt nie, gaan hulle nie sommer op iets anders byt nie