Vaal rivier, wat het ek verkeert gedoen?

Brakkanjan

Senior Member
G.A.S. welkom op Sealine. Ek het op 'n stadium ook baie by die Rivier gehengel en wil jou meedeel dat ek ook verlede jaar eenkeer in die koue gaan hengel het sonder 'n byt.

Ek wonder oor 2 dinge, het julle nie dalk te veel voer in die water gehad nie? Die tweede ding, het julle ook nie dalk te veel geure in die water gehad nie?

Naruto, ek het al gesien hoe van die ouens 'n voerkol maak in die rivier:

  • Coke Bottel bo wat dryf, dik nylon tou wat geknoop is aan die onderkant deur een van daardie bakstene met die 3 gate. Dan word daar kaboeme in 'n lemoensakkie geplaas. Die voer kan nie wegspoel nie en die vis kan nie al die voer eet nie wat kan beteken dat daar heeltyd vis-aktiwiteit is.
[/*]
G.A.S ek glo as die vis in die Vaalrivier nie op Almond byt nie, gaan hulle nie sommer op iets anders byt nie ;)
 

LeonK

Member
G.A.S more

ek is oorspronklik van parys en ken daai rivier en sy nukke baie goed.

so ook weet ek dat daai deel van die rivier seker van die mees besoedelde water in die stelsel is agv al die rou riool wat parys daar stort. maar dan ook, as daai visse die dag besluit hulle wil nie byt nie, gaan jy sukkel.

in daai omgewing werk bunspice, aptekers bloekom, banjo, cinnamon ens baie goed.

dis hoe hengel maar gaan ne!

kyk ook op dwaf se website voor jy gaan of die sluise nie dalk oopgemaak word by barrage nie. dis sulke klein dingetjies wat gewoonlik bydrae tot die visse se klem in die kaak.

my redenasie is - visse eet en wei altyd, jy moet hulle net gee wat hulle soek.
 
Same thing happened to me at Wesvaal also in 2011, around Feb, the Vaal River below barrage has been difficult to fish for some time now, strange.....strange indeed....
 
Top