JustPlainSHARK
Sealiner
Die derde been van die Kommissaris beker was gehou op 2010-11-10 by UJ/Island Shores. Die kompetisie was geskeduleer om by Bosbou plaas te vind wat net langsaan is, maar is toe geskuif. Oktober was ons klub kompetisie by Bosbou gehou gewees en ek het BAIE stroppe verloor plus vis. Ek het nie geweet die venue is geskuif tot Dinsdag middag nie. Teen daardie tyd het ek ‘n spul sliding baby-shoe stroppe gemaak en Vaaldam stroppe met gummies, juis om die vashak te verminder. Ek was ietwat upset omdat ek nou nie so baie Rietvlei stroppe gehad het nie soos gewoonlik.
By die venue, het sekere van ons spanlede dit goed gevind om nie op te daag nie en nog minder, om nie eers te praat van die telefoon optel en verskoning te maak nie. Ek het toe aleen op ‘n pen opgeeindig in A sone. Lekker om ‘n punt sone te kry maar A-sone was toe links van die T-aansluiting…..tussen die klippe en stompe (nes Bosbou se oewer)!! Not lekke. Dankie tog vir die stroppe wat ek wel gebou het.
Die afskop was beide stokke op 60m, die een met die getoetste kombinasie van die naweek (Devilsfork, FX, Strawberry) en die ander Ebony en Duiwelsdrek. Ek het na 40 min ‘n 400g karpie gevang op die DF/FX/S’berry kombo. Die Ebony-DD kombo het ek toe vervang met GP, Gatvol en FX. Ook niks nie. Die tempo was stadig gewees en ek het 3 keer afgebreek in die eerste uur en ‘n half. Die manne van Vaalrand het ook vasgesit (trouens, almal wat daardie stukkie water gedeel het tussen die klippe), maar het darem in ‘n tempo gekom op sowat 30m. Dit was 10:00 en ek het net 4 vis in die net gehad. Ek het die een stok toe ingebring van 60m na 20-30m (en ingehak) en die DF vervang met Almond Supreme en die Strawberry met Lootie. Ek het volhard met die kombo en het toe skielik tempo begin kry en minder vasgesit. Die 60m stok het ook ‘n tempo gehandhaaf wat ietwat stadiger was as die vlak stok. Die rede hiervoor skryf ek toe aan die feit dat jy baie akkurater op korter afstande gaan hengel as verder uit. Die wind was ook besluitloos oor presies van waar hy gaan waai. Ek het toe hard gefish om voor te kom en hard bly fish vir ingeval die ander se ligte aan gaan. Vaalrand se een hengelaar het uiteindelik wyd gegaan en na meer as ‘n uur en ½ ‘n baie mooi karp van seker so 4kg opgetel. Hy het net twee Pink Sweets floats op gehad.
By die inweeg het ek toe die meeste vis vr A, B en C sone gevang en eerste in my sone gekom. Ek het later verneem dat ek ook die meeste vis vir die dag gevang het. But, victory’s taste turns stale if its not shared. Alhoewel ek 1ste in my sone gekom het, het ek nie ‘n penmaat gehad wat die pen se posisie in die sone kon seel nie. In die A-sone het Gauteng Oos 1[suP]ste[/suP] geeindig en Vaalrand 2[suP]de. [/suP] En ek, die enigste Wesrand hengelaar in die A-sone, het dan noodwendig laaste geeindig.
Ja, julle wil weet hoeveel vis ek tussen die klippe en stompe gevang het…..ek het 26 vis geweeg en daar was nog 3 “non-weighers†ook in my sak vir ‘n totale massa van 10,67kg.
Kombos: vlak stok – kort vaaldam; banjo float bo en swd op beide hoeke; bol Almond Supreme, FX en Lootie.
Diep stok – RV/baby shoe; selfde op die hoeke; bol DF, FX en Lootie. Ons span het ook die pyn gevoel vir die algehele plasing vir die spanne vir die dag. Wesrand het 2de geeindig, maar Vaalrand het ‘n oninhaalbare voorsprong opgebou. Die manne se mindset is reg, hulle spangees uitmuntend en hulle fishing daar bo. Ek hoop ons kan hulle weg trek van hul voorstoep af (Vaaldam).
Die volgende been is 2010-12-08 en is “geskeduleer†vir Cilliers. Maar ek hoor al klaar sprake daarvan dat dit ook geskuif gaan word. Sal wag en sien.
LEKKER FISH!!