Thank you for the kind comments guys!! Much appreciated !!
Before I continue I begg permission to post a poem that I wrote wile we were there. I want to give credit where credit is due. Yes we came back safely, but we faced a lot of challenges while we were in Angola and yet we were kept safe...
ANGOLA GEBED
In 'n ander land baie ver van die huis;
Groet ons die son, wat oor die horison reis;
Met 'n stok in die hand en die see se gedruis;
Maak ons gereed vir die dag, al ons sorge verguis.
Uit liefde is ons almal saamgesnoer;
Vyf van ons wat na die waters loer;
'n Liefde gevorm deur God se natuur;
'n Liefde vir hengel, het ons hierheen gestuur.
Vader seen ons vandag, hier langs die strand;
Blus hierdie drange, wat diep in ons brand;
Here lei ons vandag, en maak ons ook werd;
Om kragte te meet, met u skeppings-werk.
As dit u wil is Heer, wil ons u vra;
Om al 5 van ons, op U hande te dra;
Hou ons ook veilig, teen enige gevaar;
Ons belowe ons sal, al u visse bewaar.
Graag wil ons u dank, vir hierdie lieflike prag;
'n Voorbeeld aan ons; van u geweldige Mag;
Dankie dat ons; as mens hier kan staan;
Dankie dat U, die weg vir ons baan.
En laaste maar nie die minste nie Heer.....
Dankie dat u ons drange verstaan!!!
AMEN