JPS - Hou die floatie dwars en haak home deur die lengte.
Die 1053 is 'n awa-Shima hoek met 'n "Forged, punt" Wesley self hengel omtrent net met die hoeke en met baie goeie suksess.
Brakkenjan die hoeke waarna jy verwys is die Mustabd 9555 (Bronze) of 92447 (silver) hulle is Baitholder hoeke en die addisionele weerhake is om vleis ase in plek te hou.
Die probleem met hulle vir finesse hengel soos verlang in kompetisie hengel is dat hulle draad te dik is vir die eind en hoof gerei wat ons gebruik. Ek het op 'n site 'n deeglike verslag gelees waar Daiichi, Gamakhatsu, Mustad Ultra Point, 9555, en 'n paar ander. Verskillende grootes en verskillende patrone.
Die feite was op die einde, opgesom, min of meer so - Die 9555 #6 vat 65gr druk om in te sink tot verby die weerhaak, met ander woorde 'n P4 om die hoek te set met die strop
'n Daiichi 0.8 in teendeel neem net 20gr om te set tot verby die weerhaak maw 'n M1.
Die toestse is onafhanklik gedoen en 'n homogene materiaal is gebruik om die penetrasie te toets en die toets is op 10 van elke hoek gedoen. Op die einde van die dag was die VMC #12 die beste getoets, maar tri-blades, owner etc was nie ook getoets nie.
So in kort. Die 9555 is goed vir hengelaars wie met 0.25mm of dikker lyn hengel en gewigte in die 50-100gr klas. Die hoek is ontwerp vir growwer hengel met gerei wat geskik is om die stewige hoek vas te slaan binne 'n benerige bek