teleurstelling in die olifants

buchi

Member
Goeiedag, dit is met groot teleurstelling dat ek hierdie stukkie gaan plaas op die forum.  Ek is vandag terug vanaf die olifantsrivier so tien kilometer noord van Loskopdam, waar ek die laaste vyf dae gehengel het.  Eerstens wil ek net sê dat die plek waar ons was, werklik 'n stukkie paradys is.  Die olifantsrivier is pragtig en die oord is netjies, skoon, rustig, en die geriewe werklik baie goed.  Maar ongelukkig kan ek nie dieselfde sê van die hengel nie.  Ek is werklik baie teleurgesteld oor die feit dat ek die laaste vyf dae slegs een 3 kilogram karp en seker omtrent 60 klein swartbaars gevang het.  Miskien was my verwagting voor die vakansie dalk net te groot gewees.  Ek was onder die indruk dat ek die rubberlippe sou stamp (dit was immers die rede ook hoekom ek wou gaan, juis om daardie bloues te vang).  Ek wou baie graag ook moddervisse en geelvis hengel, maar ongelukkig kon ek nie een van dit kry nie.  Ek het wel daarin geslaag om 5 of wat bitter klein rooiborsies te vang.  Nou gaan ek een ding wil weet van die kenners, asook my eie opinie deel.  HOEKOM was die hengel so sleg gewees ? die weer die eerste twee dae was baie goed gewees, en ons het die derde aand ook baie goeie reën gehad.  Behalwe vir 'n bietjie gras in die water langs die oewer, is die water tog kristalhelder.  Ek het rondbeweeg om die groot bloues te gaan soek, sonder enige sukses.  Ek het van deeg, sowel as al die ander soet geure probeer vir moddervis, sonder enige sukses, ek wou ook graag 'n geelvis vang maar weereens was dit onsuksesvol gewees.  Ek het selfs vir my broer 'n swartbaars aan sy langstok gesit om te kyk vir 'n baber.  Wat nog erger was, was dat van die mense wat langer as ons daar was, vir 'n paar dae nie eers een enkele byt gehad het nie.  So behalwe vir die een karp, en omtrent sestig swartbaars (wat ek in elkeval nie eers geteiken het nie) was die hengel eintlik maar 'n GROOT MISLUKKING.  As sosiale hengelaar besef ek ook dat dit maar deel is van hengel om goeie en slegte dae te hê, maar dit is baie sleg as jy nie in vyf dae se tyd lekker kan vang nie.  KAN ENIGE KENNER VIR MY ASB 'N ANTWOORD GEE ?  Nou wil ek ook my opinie lewer.  As jy as hengelaar slegs swartbaars die heeltyd vang, en geen ander spesies in 'n rivierstelsel wat bekend is vir sy verskeidenheid visspesies, dan lyk dit defintief vir my na 'n baie groot probleem,  Ek sê nou vir julle, die spesifieke gedeelte waar ek was, is heeltemal uit balans uit juis oor die swartbaars.  Ek weet dat menigte swartbaarhengelaars my sal kwalik neem, maar die swartbaars is besig om alles oor te neem en te vernietig.  Ek besef dat elke hengelaar soms sekere spesies wil teiken omdat dit vir hom genot verskaf, net soos wat ek graag mooi kurpers, moddervisse, en geelvis wil vang, maar asb alle hengelaars HAAL DIE SWARTBAARS EN EINTLIK AL DIE UITHEEMSE VISSPESIES UIT ONS WATERS UIT TER WILLE VAN DIE INHEEMSE SPESIES SE VOORTBESTAAN!!!!!!!!!!!!!!!! Ek het "CATCH EN RELEASE"  inderdaad toegepas deur al die swartbaars weer te "release", net nie weer in die water nie.  ENIGE TERUGVOERING IS WELKOM. 
 

Tjooona

New member
Bunchi

Ek was nou onlangs by die Oranjerivier en het in die lopende water letterlik duisende visse gesien paar, ek dink hierdie tyd van die jaar is sekere varswater visse nie aktief as dit by eet kom nie maar meer aktief met ander dinge....

Ons het probeer hengel ook maar het self nie baie sukses gehad nie, maar soos ek se as mens 20m op loop teen die rivier was die rappids prop vol vis mens kon hulle letterlik sien. Karpe, onderbekke, geelvisse die hele lot.

Ek dink nie die bass is die probleem nie, kyk na die Vaal rivier wat ook bass in het? en die Breede rivier in die Wes Kaap.

Dis maar die ding van visvang, partykeer slaan jy dit lucky en party keer nie. As ek oor die 60 visse gevang het in 3 dae sou ek dit as n suksesvolle trip gesien het.
 

buchi

Member
Goeiedag Tjoona, ja dit is maar die ding van hengel een dag gaan dit goed en ander dae minder goed.  As sosiale hengelaar, met baie geduld, het ek ook al my baie slegte visvang dae gehad, en my baie goeie dae, soveel so dat jy nie eers stil kan sit nie.  Ek sê altyd vir mense dit is maar deel van hengel, en dat jy maar vrede daarmee moet maak anderste moet jy nie hengel nie.  Ja daar is defintief faktore wat 'n rol kan speel en miskien is die feit dat die visse nou broei ook 'n faktor.  Maar aan die anderkant het ek al byvoorbeeld kurpers in Desember maande gevang sonder ophou.  Ek het ook al in Maart, April maande (prima kurper tyd) kurpers probeer vang sonder enige sukses.  Soos ek sê, ek verstaan dat sekere visspesies nou hard aan die broei is, maar mense vergeet soms dat party visspesies die hele somer deur broei.  Ek gaan wel met jou verskil oor die swartbaars in ons waters.  Die vis vernietig alle inheemse visse.  Daar is menigte artikels deur kundiges al geskryf oor die impak van uitheemse visse, en dan spesifiek ook swartbaars in ons waters. En jy hoef nie eers 'n kundige te wees, of artikels te lees om dit te verstaan nie, jy kan dit self aanskou.  Ek het al baie kere langs oewers gestap, en die klein visspesies waargeneem wat in skole rondbeweeg.  En daar waar swartbaars is, sien 'n mens hoe die swartbaars net 'n kort afstand ver van die skole vir hulle wag om bietjie dieper in die water te beweeg, sodat die swartbaars kan toeslaan op die kleinvissies.  Dit maak nie saak wat van die ander faktore is nie (en ongelukkig is daar baie faktore wat 'n impak het op ons varswaterspesies bv besoedeling, onwettige hengel, kiefnette ens.) maar die impak van uitheemse visse se teenwoordigheid in ons waters, is iets wat ons as nie net hengelaars nie, maar ook natuurbewaarders ernstig na moet kyk.  Net om vir jou nog 'n voorbeeld te noem oor uitheemse visse, en ek weet daar is baie hengelaars wat hulle teiken, en al jare lank in ons waters is, is karp.  Die skade wat karps in die waters aanrig is sigbaar .  Nie net maak hulle die water troebel nie, maar vernietig hulle ook neste van inheemse visse, maar ongelukkig sien hengelaars dit nie so nie.  Enige vis, boom, plant of dier wat nie inheems is aan 'n spesifieke gebied nie, het altyd 'n negatiewe impak.  Ek koop baie tydskrifte, maar om die waarheid te sê, is ek al taamlik keelvol om altyd in die tydskrifte te lees van dieselfde spesies (karp). 'n Mens sal sweer dit is ons enigste vis. Waar is die vele artikels oor ons geelvisse, kurpers, moddervisse.  Dit is omtrent altyd net karp en swartbaars.  Ek het nou die dag gelees van die perslyfmoddervis (Labeo Congoro) wat in die Laeveld voorkom, maar ek het nog nooit 'n behoorlik artikel van die spesie iewers raak gelees, of selfs fotos gesien nie.  Ek het gelees dat hulle tot 7 kg groot kan word.  Dink net by jouself hoe moet dit voel om sê maar 'n 4kg of 5kg perslyfmoddervis te kan vang.  Om mee af te sluit daar word heeltemal te min klem op ons inheemse visse geplaas, en te veel klem op uitheemse spesies.  Mense is die geelvisspesies, kurperspesies, moddervisspesies ens, nie belangriker as die ander nie.
 
Top