Goeiedag, dit is met groot teleurstelling dat ek hierdie stukkie gaan plaas op die forum. Ek is vandag terug vanaf die olifantsrivier so tien kilometer noord van Loskopdam, waar ek die laaste vyf dae gehengel het. Eerstens wil ek net sê dat die plek waar ons was, werklik 'n stukkie paradys is. Die olifantsrivier is pragtig en die oord is netjies, skoon, rustig, en die geriewe werklik baie goed. Maar ongelukkig kan ek nie dieselfde sê van die hengel nie. Ek is werklik baie teleurgesteld oor die feit dat ek die laaste vyf dae slegs een 3 kilogram karp en seker omtrent 60 klein swartbaars gevang het. Miskien was my verwagting voor die vakansie dalk net te groot gewees. Ek was onder die indruk dat ek die rubberlippe sou stamp (dit was immers die rede ook hoekom ek wou gaan, juis om daardie bloues te vang). Ek wou baie graag ook moddervisse en geelvis hengel, maar ongelukkig kon ek nie een van dit kry nie. Ek het wel daarin geslaag om 5 of wat bitter klein rooiborsies te vang. Nou gaan ek een ding wil weet van die kenners, asook my eie opinie deel. HOEKOM was die hengel so sleg gewees ? die weer die eerste twee dae was baie goed gewees, en ons het die derde aand ook baie goeie reën gehad. Behalwe vir 'n bietjie gras in die water langs die oewer, is die water tog kristalhelder. Ek het rondbeweeg om die groot bloues te gaan soek, sonder enige sukses. Ek het van deeg, sowel as al die ander soet geure probeer vir moddervis, sonder enige sukses, ek wou ook graag 'n geelvis vang maar weereens was dit onsuksesvol gewees. Ek het selfs vir my broer 'n swartbaars aan sy langstok gesit om te kyk vir 'n baber. Wat nog erger was, was dat van die mense wat langer as ons daar was, vir 'n paar dae nie eers een enkele byt gehad het nie. So behalwe vir die een karp, en omtrent sestig swartbaars (wat ek in elkeval nie eers geteiken het nie) was die hengel eintlik maar 'n GROOT MISLUKKING. As sosiale hengelaar besef ek ook dat dit maar deel is van hengel om goeie en slegte dae te hê, maar dit is baie sleg as jy nie in vyf dae se tyd lekker kan vang nie. KAN ENIGE KENNER VIR MY ASB 'N ANTWOORD GEE ? Nou wil ek ook my opinie lewer. As jy as hengelaar slegs swartbaars die heeltyd vang, en geen ander spesies in 'n rivierstelsel wat bekend is vir sy verskeidenheid visspesies, dan lyk dit defintief vir my na 'n baie groot probleem, Ek sê nou vir julle, die spesifieke gedeelte waar ek was, is heeltemal uit balans uit juis oor die swartbaars. Ek weet dat menigte swartbaarhengelaars my sal kwalik neem, maar die swartbaars is besig om alles oor te neem en te vernietig. Ek besef dat elke hengelaar soms sekere spesies wil teiken omdat dit vir hom genot verskaf, net soos wat ek graag mooi kurpers, moddervisse, en geelvis wil vang, maar asb alle hengelaars HAAL DIE SWARTBAARS EN EINTLIK AL DIE UITHEEMSE VISSPESIES UIT ONS WATERS UIT TER WILLE VAN DIE INHEEMSE SPESIES SE VOORTBESTAAN!!!!!!!!!!!!!!!! Ek het "CATCH EN RELEASE" inderdaad toegepas deur al die swartbaars weer te "release", net nie weer in die water nie. ENIGE TERUGVOERING IS WELKOM.Â