hoezit daar.
ons was die naweek by tago, ek moet se dit was baie aangenaam, Zorro het ons vrydag na n lekker spot toe gevat. nadat ons als op geslaan het, was die stokke in. binne n uur het ek al 3 karpe geland van so 3 tot 4 kg. vriend van my het saterdag deur gekom, hy vang n 8.5kg karp met tiger nuts. die groter vis het meer die tigernuts gevat as mielies. als werk daar, baber het even op mielies gebyt. dit was vreeslik warm so vat maar baie skaduwee. sal definetief weer daar na toe gaan. Enigste na deel was, is die laaste 30km, grondpad. as jy n 4x4 ry sal jy ok wees.
plek is maklik om te kry op die R716, warm water en toilet. pryse is R30 per dag en R30 per nag per persoon.
sal later paar fotos op sit.
groette, Vic.