Tago-Vaaldam

Bruggie

Sealiner
Ons was Tago toe vir die naweek en hier volg die report:

Ek en my pel Dawid het Vrydag aand eers so 20:00 daar aangekom na ons met die verkeer baklei het vir weet nie hoe lank nie.

Ons het dadelik kamp begin opslaan maar die reen het gepla en ons moes so n rukkie wag voor ons verder kon kamp opslaan.Ons het dadelik die stokke ingekry en aandete gemaak om die vrouens so n bietjie stil te kry.

Ons het nie regtig moeite ingesit die res van die aand nie en het maar op OBS warm gebly.

Saterdag oggend 04:30 is ek al op om ons ander pel Pierie te verwelkom en het ernstig begin vang.Ons staan nog en verduidelik watse plan ons gaan volg toe laat waai my magnum 101 uit die blokke uit.

Van daai oomblik was daar nie stil sit nie en die katrolle het net nie ophou skree nie.Al die vis wat uitgekom het was n lekker grote om te vang as jy in ag neem dat ons net so tussen 60m en 80m gevang het.

Die kombenasie wat ons so laat rond hol het was my persoonlike beste : n soet degie op altwee hoeke gedoop in Tjop-Tjop en Vatikaki( Let wel die beste dip wat ek het). Het sommer 4 botteltjies in my kas.

 

Nou ja,nog n lekker naweek verby en ek kan klaar nie vir die volgende een wag nie!!!Daar sal n paar fotos volg.
 

Bruggie

Sealiner
Dit was nogal lekker ja. Ek sien dat baie of meeste van die hengelaars nooit die dip "Vatikaki" noem in hulle combos nie!

Het jy dit al probeer?
 

silver_foxx

New member
Dit was nogal lekker ja. Ek sien dat baie of meeste van die hengelaars nooit die dip "Vatikaki" noem in hulle combos nie!

Het jy dit al probeer?
Is dit n sterk of n soet dip? Dink ek sal hom bietjie uitprobeer....voel al lank ek het bietjie n nuwe geur nodig in my baitbox...
 

Bruggie

Sealiner
Dit is n pink - rooi dip en dit is nogal n soet reuk met so n skerp bitter reuk.

Ek het sukses by enige dam waar ek gaan vang met hom.

VATIKAKI
 

Waldok

Senior Member
Vatikaki ryk nie soos kaki, heel aangename reuk. Ek het een spray dip daarvan. Sal kyk hoe hy werk die naweek, het hom nog nooit gebruik nie.

Sit jy dit op die bol of dip jy jou degie daarin?
 

Bruggie

Sealiner
Supercast maak dit en jy kry hom in n dip en  n spray botteltjie vir jou bom.

 

Die beste kombenasie saam met hom is Tjop-Tjop en Vatikaki en dan spray jy die bol met hom. Werk soos n bom!!!

 

En ja hy ruik baie lekker!!
 

Attachments

  • 29012010200.jpg
    29012010200.jpg
    61 KB · Views: 286
Vatikaki is n soet dip met ñ musk basis en word deur Supercast gemaak (daar is seker ander ouens wat dit ook maak). Dit werk goed by Trichardtsfontein ook, saam met Rose. In fact, daar is n rose-dip wat trichardtsfontein genoem word.
 

Bruggie

Sealiner
Ek het al by enige dam gekom en gevind dat dit vir my die beste werk. Nou begin ek altyd met die kombenasie omdat ek so verseker is dat dit die beste werk.Ek kan net sowel al my ander dips weg gooi!!:wfish:third
 

Bruggie

Sealiner
Ja dit het,as jy kyk op die wal dan sien jy al die gemors wat uit gespeol het!!!

Daar het bome verby ons gekom in die water. Selfs n dooie koei!!
 
G

Guest

Guest
:fswimnognie vatikaki ge probeer nie maar het beslis ons kaste aangevul met die botteltjie
 

Bruggie

Sealiner
Praat van Baber...ons het daai selfe naweek 5 babers gevang en twee verloor!!! Dit a.g.v die bome en takke wat aanhoudend verby gedryf het!!
 
Top