Ons was Tago toe vir die naweek en hier volg die report:
Ek en my pel Dawid het Vrydag aand eers so 20:00 daar aangekom na ons met die verkeer baklei het vir weet nie hoe lank nie.
Ons het dadelik kamp begin opslaan maar die reen het gepla en ons moes so n rukkie wag voor ons verder kon kamp opslaan.Ons het dadelik die stokke ingekry en aandete gemaak om die vrouens so n bietjie stil te kry.
Ons het nie regtig moeite ingesit die res van die aand nie en het maar op OBS warm gebly.
Saterdag oggend 04:30 is ek al op om ons ander pel Pierie te verwelkom en het ernstig begin vang.Ons staan nog en verduidelik watse plan ons gaan volg toe laat waai my magnum 101 uit die blokke uit.
Van daai oomblik was daar nie stil sit nie en die katrolle het net nie ophou skree nie.Al die vis wat uitgekom het was n lekker grote om te vang as jy in ag neem dat ons net so tussen 60m en 80m gevang het.
Die kombenasie wat ons so laat rond hol het was my persoonlike beste : n soet degie op altwee hoeke gedoop in Tjop-Tjop en Vatikaki( Let wel die beste dip wat ek het). Het sommer 4 botteltjies in my kas.
Nou ja,nog n lekker naweek verby en ek kan klaar nie vir die volgende een wag nie!!!Daar sal n paar fotos volg.

:third
nognie vatikaki ge probeer nie maar het beslis ons kaste aangevul met die botteltjie