VaalieBassman wrote:




































Daar is ander faktore wat ook 'n baie groot rol speel in die vermindering van inheemse vis o.a. nettery, besoedeling ens en ek verstaan dit so. Die grootste bedreiging vir ons Bloukurpers daar waar dit saam voorkom is die Nylkurper juis oor die feit dat dit met ons kurpers uitbaster, maar daar waar baars saam met ons inheemse vis voorkom is die baars absoluut verantwoordelik saam met ander faktore vir die vernietiging van ons inheemse vis. Dit wat jy sê in jou 2 de pargraaf maak nou absoluut geen sin nie. Wat jy dan nou sê is dat as ander hengelaars net soos baarshengelaars hulle vis teruggooi daar baie meer vis sal wees. Dit is dan nou juis die punt wat ons hier wil maak, dit is a.g.v die terugplaas van baars dat daar geen meer inheemse vis oor is nie daarom moet dit uitgehaal word. Die regte spesies moet teruggeplaas word en nie die spesies wat destruktief is nie. Malboer is reg daar is 'n wet wat ingestel is wat sê dat jy nie meer baars mag teruggooi in sekere stelsels nie soos byvoorbeeld Loskopdam. Gaan kry gerus die Februarie uitgawe van die STYWE LYNE en gaan lees op bladsy 11 wat gesê word oor uitheemse vis en dan nou baars.Daar is nog baie groter faktore wat almal se hengel beinvloed en wat baie erger is as wat die baars voorgegee word....nette. Ons as baars hengelaars het al menigte maal nette uit verskillende damme gahaal. Veral Rhenosterkop dam. Km en km van nette wat ons dan verbrand! Die meeste vis in die nette is ook kurpers!
As elke henegelaar die baars henegelaars se mentaliteit inneem van vang en terug gooi kan ek jou waarborg sal daar baie meer van alle spesies wees nie net baars nie!
Ons gooi so ook dan alle vis wat ons vang terug maak nie saak vars of soutwater!


:
