Hey manne,
Die afgelope galjoen seisoen was absoluut 'n shocker gewees. (Dit is nou met klem op die Suid-Kaap).
Vroeg in die seisoen (Mei maand) het ons 'n paar mooi galjoene gevang. Ander bankvis het ook mooi uitgekom soos Wildeperde en kolsterte. Vroeg in Junie het ons ook 'n paar visse gevang, en toe skielik het alles net dood geword.
Die water in die Suid-Kaap het sedert daardie tyd baie koud geword, en het nog nooit verbeter nie. Gewoontlik sou die kolsterte en die klein vissies 'n ou nog baie gepla het, maar nie eers hulle swem rond nie. Toe ek nou die dag gesnorkel het, was daar feitlik geen vis opgemerk in die water nie. Dood dood dood.....
Galjoene het ons nou en dan enkel-enkel gevang deur die seisoen, maar eintlik was dit maar dood die hele seisoen. Wat dink julle ouens is die pyn, en waar is die vis heen? Hulle kan tog nie net verdwyn nie?
Sien uit om bietjie te hoor wat julle dink en of julle al voorheen so iets beleef het vir so lank?