Stok lengte?

Kosie

New member
Wat sal julle manne se is die ideale stok lengte om groot katte van die oewer af te vang? 8ft, 9ft? Wat se die pros?
 
kleinkaas

New member
Kosie

Ek vang met n 13vt castmaster stok in meduim klas (see stok). Dit gee my genoeg hefboom en krag vit die groot snorre.

Penn 49 met minstins n 20kg lyn en dik stroplyn. Groot babers vat nie str@nt van n lyn en katrol nie. ek het nou die dag n loop gehad wat gevoel het soos n weghol trein en het my afgebreek.

Robert
 
Kosie

New member
Robert. Dink jy nie n ou trek swaarder as wat nodig is aan n baber met so n lang stok nie? Of het ek nou die kat aan die stert beet? My vorige stokke was 8'6 ek dink da aan om 9 voeters te kry.
 
braailegend

Senior Member
Hoe langer die stok, hoe minder die hefboom/pressure op die vis, as mens die groot haaie fight hou mens maar die stok plat, anders gaan die vis jou dood sleep.

Ek vang met 6.8ft poseiden boot stok (lekker slap punt en sterker so meer dit buig) en speemaster katrol, cast gewoonlik nie verder as 40m vir babers.

Enigste rede hoekom ons daai groot stokke het vir haaie is om ver genoeg tekan cast, sal enige dag eerder met my boot stok 'n viskop insit as dit 100m+ kon cast.
 
Skuimkop

Sealiner
Hang af of jy jou aas gaan uitroei of gaan cast en dan ook watse size babers jy gaan target met watse size aas. As jy die hierbo kan antwoord vir ons sal die manne vir jou beter advies kan gee.
 
braailegend

Senior Member
Wat skuimkop se is baie waar, want met die stokke wat ek gebruik is cast nie eintlik 'n opsie, behalwe as jy margins gaan vang. En om 'n 3-8kg baberkie op sterker stokke tevang gee nie veel van 'n uitdaging in die fight nie.
 
Kosie

New member
Dankie Skuim ja, kyk dit is lekkerder om die kleiner babers eerder met my karp stok te vang, maar in die geval spesifiek praat ek definitief van groot babers (20kg plus) en groot aas, so casting is nie belangrik nie. Ek dink ons moet dalk meer begin onderskei tussen spesie baber hengel en gewone baber hengel? Ek soek graag inligting oor spesie baber stok lengte, as dit beter sin maak?
 
Anthony_Britt

New member
Ek dink jy moet met n klein 6ft boot stok gaan maar' quality stok! ELBE of iets baie sterk' onthou korter die stok minder die slack'' beter die fight !!! En as katrol, kry vir jou self n ou penn katrol...
 
Cheetha FS

Sealiner
Ek hengel net vir baber en ek het 2x 10ft en 2x12ft stokke. As ek heel karp swem dan gebruik ek 2x See stokke. My katrolle waneer ek baber aas gooi is 2x centrepins en 2X toruim 20 vir karp swem. Ek sal in my opinie nie klyner as 10ft by n dam hengel nie maar in n rivier gebruik ek 2x 6'6 elbe dropshot stokke met 2x daiwa's gespoel met braid en dit besorg vir my baie pret!
 
Skuimkop

Sealiner
Stem saam met Anthony. Jy kan enige stokke dan vat van 6 ft tot net so onder die 10 ft. Die 6 ft boot stokke is masjiene en jy gaan 'n spesie baber op hel. Die fight is dalk nie so lekker soos jy dieselfde baber met 'n 7 of 8 ft Ungly stick sal aanpak nie. Ek het 'n 6 ft Sensation, 7 en 8 ft Ugly stick en dan my twee 10 ft Jade Axe Catfish stokke. Almal vir spesie baber. Die Jade Axe stokke is egter van so aard dat ek groterige baits (500g - 1 kg) nog kan cast en daar help die 10 ft lengte ook maar ek kan kleiner babers met hulle al te lekker speel. Absoluut briljante baber stokke in my opinie. Dan het ek ook die 12 ft en 14 ft Exage see stokke vir ver cast maar ek gebruik hulle selde omdat ek my ase uitvat. Maar ek het daai opsie.

Dus my opsomming: 6 ft boot stokke is besem stokke maar baie sterk en met minder fun, 7 ft - 8 ft is baie lekker lengtes om 'n baber mee te speel en jy kan klein baits met hulle ook cast. 10 ft stokke baklei ook lekker en jy kan natuurlik verder cast maar die lengte kan probleme begin gee as jy onder bome ens die snorre begin target. Ek sal NIE groter as 10 ft gaan as jy jou aas gaan uitvat nie.
 
Skuimkop

Sealiner
Cheetha FS wrote:
Ek hengel net vir baber en ek het 2x 10ft en 2x12ft stokke. As ek heel karp swem dan gebruik ek 2x See stokke. My katrolle waneer ek baber aas gooi is 2x centrepins en 2X toruim 20 vir karp swem. Ek sal in my opinie nie klyner as 10ft by n dam hengel nie maar in n rivier gebruik ek 2x 6'6 elbe dropshot stokke met 2x daiwa's gespoel met braid en dit besorg vir my baie pret!

As jy praat van Karp swem bedoel jy live bait nê Cheetha. Indien wel stem ek saam. Dis hier waar ek my 12 & 14 ft Exage stokke gebruik. Dit hang ook sekerlik af van hoe die bodem lyk en op watse afstand jy gaan hengel. AS daar baie opstruksies op die bodem lê gaan ly lang (12 - 14 ft) stokke soek maar as dit 'n bodem is soos Sandvelde kan jy met 'n 6 ft stokkie vang.

Eish dis altyd moeilik om goeie raad vir iemand te gee oor watse stok om te kry, lol.
 
Cheetha FS

Sealiner
Skuimkop wrote:

lol. is ja! Ja ek begin die live karp swem ding baie geniet en ek sal biekie wys met fotos as ek weer gaan vang om te wys hoe ek dit doen. Ek gaan paasnaweek ook Bloemhof toe om te proef of sandveld of NW beter gaan wees vir die Bonanza. Wat dink jy?
 
braailegend

Senior Member
As mens 'n boot stok wil he met bietjie meer "play", kan mens na die fishing ski stokke kyk (het een van hulle ook) want hulle tips is slapper, sodat mens nie om val van die kayak af nie, maar is sterk genoeg om die sterker lyn tevat. Gee ook 'n lekker fight. Myne is gerate 12-18kg lyn, dus nie seker hoe mens die styfheid daarop kan rate. Het al 'n 20kg+ Conger-eel in PE se hawe met hom geland, dit was nou sports.
 
Skuimkop

Sealiner
lol. is ja! Ja ek begin die live karp swem ding baie geniet en ek sal biekie wys met fotos as ek weer gaan vang om te wys hoe ek dit doen. Ek gaan paasnaweek ook Bloemhof toe om te proef of sandveld of NW beter gaan wees vir die Bonanza. Wat dink jy?

Waar hak jy jou hoeke (neem aan jy gebruik 2) aan die live bait? Bo by sy rug? Indien wel sal ek jou 'n goeie tip kan gee wat baie beter werk.

Jong ek weet nie en ek kan ook nie regtig van NW se kant praat nie. MAAR daai ou rivier bed trek my heeltyd na Sandvelde se kant toe.
 
vir boothengel het ek die selfde ingedagte. Ek kyk na die shimano tallus stok, dit het n stadige aksie en is gerate 20-40lb.
 
Kosie

New member
Dankie vir die al die raad en kennis waardeer dit! Ek sal maar so eksperimenteer en sien waarmee ek opeindig. Skuim, wa kan n mens na die jade stokke kyk, ek sien niks op die net nie?
 
Skuimkop

Sealiner
Kosie wrote:
Dankie vir die al die raad en kennis waardeer dit! Ek sal maar so eksperimenteer en sien waarmee ek opeindig. Skuim, wa kan n mens na die jade stokke kyk, ek sien niks op die net nie?

Kontak vir Enigma hier op die forum http://sealine.co.za/view_user.php?id=10473
 
Top