Hi
Ek het laas jaar April so vir 'n lang naweek by Sterkfontein gaan hengel, wat 'n fees. Ons het baie geel vis en muddies gekry en net een karp vir die 5 dae. Daar is ook wel barber en bass in die dam.
Dip wat vir ons gewerk het is Gatvol, Tjop-Tjop. Ons het ook het met twee kleur mielie bom gehengel geel en rooi waarvan die rooi goed met knoffel gedokter was. Floutie soos knoffel, bloekom,pink sweets het goed gewerk. Ons het ook gesien dat 'n geel en rooi deegie ook lekker werk so wel as wit sout deegie.
Geniet die naweek en stywe lyne.