Sondag sessie

Unlimited

Sealiner
jus lyk my die karpe loop daar... enige babers uit gekom iewers?

daai eerste karp se stert is moer lank, was seker n lekker fight
 

Bruggie

Sealiner
Jy kan dit weer sê!! Ek het gedink dit is n baber soos hy baklei het.Wel met daai stert mag hy seker!
 

jozi s

New member
Hi Brug

Het jy die lyne ingevat met aasbootjie of gegooi?

Kan mens gooi om iets gevang te kry of is 'n aasbootjie maar die ding om te he daar, het gister daar 'n draai gemaak om te kyk of daar darm iets aangaan en die plek was redelik vol gewees, net toe ek by die hek inkom toe is daar 'n dame wat 'n karp getrek het, watter aas het jy gebruik as ek mag vra - beplan om vrydag te gaan vir 'n sessie en hopenlik ook iets op die lyn te kry. :fishn
 

LeonK

Member
daai karp met die lang stert lyk soos n meermin.

lyk vir my na n lekker plek net jammer dis so ver van my af.

well done
 

PI

Senior Member
Jissie congrats op die vis!

Wat se aas het jy gebruik en hoe diep het jy die aas ingevat?
 

Naruto

Sealiner
Nog fotos om my viskoors aan te wakker. Ek kan dit nie meer handle nie! Ek kort ten minste een lyn in die water... vis vis vis...
 

Waldok

Senior Member
Blaauwpan is om die draai van my huis....maar ek was nog net eenkeer daar. Seker Bruggie het die aas ingevat met n aasboot, sien hom in die agtergrond daar. Dis mos diep hengel daai om sulke oukies uit te kry by daai spesifieke dam. Eintlik n jammerte.
 

Bruggie

Sealiner
Ja ek het die boot gebruik.ek was nie n fan van Blaauwpan so paar jaar terug nie. maar die dam het mooi reg gekom.
 

wykie

Senior Member
Baie nice brug ek was nog nooit daar lucky gewees nie maae dit lyk darem of hulle mooi gesond is en dat hulle nou uitkom. Hetjulle hulle laat gaan brug?
 
Top