Hi Skuim hul is almal naby die brug gevang, die roei seksie is heeltemal te groen om daar te vang maar verby die wal is die water helder skoon. Daar was ongelooflik baie vis teen die oewers af, ek het 'n paar skole bass gesien wat niks wil weet van eet nie, ook op skole karps wat teen die kant voer afgekom so 5-8 in 'n skool en 'n paar 10kg jobs wat tussen hul voer (viskoors het hoog geloop). Verder was daar ongelooflik baie babers langs die kante en hul het op verskeie wyses gevoer, van bo cruise met hul monde oop, of hul cruise langs die kante af besig om te jag, of hul lê doodstil en bak teen die kante op sandbodems tot in so 15cm diep water. Was baie cool om hul so te sien dat hul op verskeie metodes voer. O en onder die brug was daar 'n paar keer skole van tussen 20-30 babers wat almal op die oppervlak voer, ons kon letterlik pick&choose watter een ons wou hê