Sigbaar of onsigbaar?

Hemelbesem

New member
Hi daar,

Wat is julle ondervinding met die kleur van vislyn? Skrik die visse vir 'n heldergeel of oranje lyn? Ek het helder oranje lyn ;)wat ek gebruik vir 'n leaderline. Is dit beter om vir 'n onsigbare lyn te gaan? Watter soort en watter breekkrag?

HB.
 

Gertus

Senior Member
dejavoux...

search biekie .. eks seker iemand het dieselfde post ge post..

jy kan use net wat jy will solank jou hoeklyn "clear" is..
 

Wernerbloem

New member
Hemelbesem, oor die storie het ek al self baie gedink, ek gebruik bv double x se hi abrison lyn dis bruin. Ek het voor dit ook onsigbare lyn gebruik. Om die waarheid te se weet ek nie, daar is aan die een kant mense wat vang met leaders wat oranje is en dan word daar weer aan die ander kant beweer  hulle karp is bv kleurblind en baber het glo baie slegte sig.  So as dit vir jou werk hoekom verander. Meskien kan Enigma ons meer agtergrong gee hieroor.
 

Grootseun

New member
Ek weet darm nie, ek was by UJ, die eerste probeerslag was my leader geel en my hoeklyne is altyd deursigtig. Bogorol gevang nie.

Narutu het my ondermeer advies gegee om van geel lyn af weg te bly by UJ, wat ek wel toe gedoen het, nou weet ek nie of dit net poks was nie maar met die tweede probeerslag het ek wel vis gekry.

 

My 2 c 
 

Naruto

Sealiner
Ek het altyd geel leader gebruik, maar met my laaste outing by UJ saam met Enigma het ek bietjie rondgespeel met een stok met xx cameleon ek ek het meer en groter vis op die leader gekry as op die geel leader. Ek gebruik 18lbs leader.
 

Brakkanjan

Senior Member
Gebruik al baie lank die XX Bruin of Groen, dit werk vir my. 7 of 5 LBS Hooflyn en 'n 20 LBS leader. Nog altyd produce. Gebruik ook die bruin of groen hoeklyne.

Ek het onlangs oorgegaan na Awa Shima .4mm leader wat 'n wit(deurskynende) kleur het en flippen sterk en abraison resistant is. Geen probleem nie hy produce steeds vis. Ek persoonlik glo nie die oranje of geel lyn sal moeilikheid gee nie, maar sal my leader en hoeklyne wel groen, bruin of wit (deurskynend) hou.

My seuntjie se jy vang tannie visse met die pienk lyn ;)
 

Optimus

Member
Tydens my SA kampioenskappe te Klipdrift so 4 jaar terrug het ek die ondervinding gehad dat ek baie minder byte gekry het met 'n helder geel lyn totdat Enigma my gewys het dat die vis afgeskrik word. hy het my tie Awashima se florine in die hand gestop en my byt tempo het opgetel. Ek het nog nooit weer met enige ander leader gehengel nie en dit werk steeds vir my. Ja dit kos bietjie meer prys gewys maar ek sal nie verander want dit werk. Die florine raak deursigtig in die water. Jy kan selfs na Awashima se RED bravo ook kyk want dit is 'n "mat" kleur wat ook die selfde effek het as florine onder die water
 

Jake the Snake

New member
Ek vang met Dubble X 10lbs hi vis lyn met `n 20lbs awishima camo leader. En ek het nog net goeie resultate gehaat met dit. Maar ek gan Enigma se raad bietjie volg en dit probeer op een van my spools. Sal graag die twee maniere met mekaar wil vergelyk en kyk watter ene werk die beste.

Sommer so van die os op die jas, Watter lyn buiten Dubble X sal julle manne voorstel is die beste om te koop. Want ek wil  nou nie `n lae graad lyn koop om te vergelyk en dan verloor ek meer vis as wat ek vang nie.
 

Brakkanjan

Senior Member
Een van my katrolle is op hierdie stadium gespoel met 'n ligbruin Relix lyn 5 lbs. Die lyn is al 3 jaar oud en ek het geen moeilikheid nie. Sal wel hom vervang met die XX Ligte groen as hy klaar is.
 

Optimus

Member
Dit blyk jy hou van 'n helder lyn. Probee gerus Awashima se Softcast. Dit is ook helder maar aan jou sak sal jy sien dit is beter. Dit is baie goed koper en regtig ek kry goeie diens uit die lyn. Die lyn het ook nie 'n probleem dat dit "memory" opbpu nie. Enigma kan aan jou verduidelik hoe ek eendag seker vir 'n uur lank gesit het en die lyn in 'n balletjie gerol het en as ek dit een goeie trek gegee het het dit weer reguit geword. Ek en my vrou hengel met die lyn en ons hengel baie. die lyn het ook nie die geneigdheid om skurf te word nie, seker omrede dit silikon "coated" is.
 

Enigma

Moderator
There are a lot of opinions about this and we have tested re-tested and experimented.

In some dams, especially with clear water and a lot of fishing pressure then coloured leaders are a problem. You will also see that all the Rock and Surf guys fish High Viz lines with clear leaders and the gamefish guys do the same with fluorocarbon leaders.

I myself use Fluorine / Camo and Reflector line as leaders as they all 3 blend with the bottom.

Erica Venter who has been SA ladies Champ 3 times Protea 6 times and Tri Nations Champ 2 times uses the Bright Awa-Shima S-Missile High Viz line as a leader.

She does this (as most of us do) to be able to follow the fish in dirty water as you can follow the leader) but what she does do is make a trace center line of Fluorine and at least 35cm long or ends the leader with a 1m length of Fluorine.

The reason for this is to separate the leader and trace. I have resorted to making pre-tied leaders but put a 2m length of S-Missile as a step down ie 0.32mm leader to 0.25mm S-Missile (any High Viz) then to the line so you can see the fish coming in and then when close let the police man fall won the line to the top of the trace and follow the fish's movements in that manner.
 

Hemelbesem

New member
Dankie vir die waardevolle info. Daar is geen plaasvervanger vir ondervinding nie! Nou weet ek darem wat om te doen. 'n Mens leer maar stadig as jy die ouens by die winkel moet vra. 
 
Top