Marthin
Sealiner
Christen-tydskrifte verbode in Woolies
2010/10/19 09:56:00 PM
Christene dreig om die winkelgroep Woolworths te boikot oor ’n besluit om nie langer Christelike tydskrifte te verkoop nie.
Dit beteken lesers sal tydskrifte soos Lig, Juig, Joy en Lééf elders moet gaan koop.
Jean Oosthuizen, webmeester van die gespreksforum Kletskerk het gister op www.koerant.co.za geskryf ontstoke lesers van godsdienstige tydskrifte dreig om Woolworths te boikot totdat dié besluit herroep word.
’n Herrie daaroor woed ook op Facebook.
“Persoonlik gee van die tydskrifte my ook ’n yslike pyn, maar ek dink dit is verkeerd dat alle godsdienstige tydskrifte nou van die rakke verwyder word.
“Dan moet Woolworths alle ander tydskrifte met ’n kleiner sirkulasiesyfer ook van die rakke afhaal,†het Oosthuizen gesê.
Hy is ook die nuusredakteur van die Kerkbode.
Adri-Louise van Renen, redakteur van Lig, het gister bevestig dat sy oor die besluit van Woolworths ingelig is nadat hulle ’n e-pos van hul verspreider ontvang het.
“Ek wil nie die saak nou in die media dryf nie. Ek wil dit met Woolworths probeer uitklaar,†het Van Renen gesê.
Van Renen het in ’n brief aan haar lesers geskryf: “Alle sodanige tydskrifte word onmiddellik van hul winkelrakke verwyder.
“Die besluit lui soos volg: ‘Woolworths het ’n sakebesluit geneem om nie langer enige godsdienstige tydskrifte in voorraad te hou nie, met onmiddellike effek.
“Ons het reeds al ons winkels opdrag gegee om godsdienstige titels van die winkelrakke te verwyder,’ †lui Van Renen se brief.
“Waarom sal Woolworths alle godsdienstige tydskrifte van hul rakke haal, maar hulle benut die bemarkingsgeleentheid van godsdienstige dae soos Kersfees en Paasfees tot hul eie voordeel?†sê Van Renen.
In antwoord op ’n vraag van ’n kliënt op Woolworths se Facebook-muur het ’n woordvoerder van die winkelgroep bloot gesê dat Woolworths hul algehele tydskrif-katalogus hersien en rasionaliseer.
Mnr. Simon Susman, hoofbeampte van Woolworths, het op navraag van Beeld gesê dit is strydig met die winkelgroep se beleid om godsdienstige en politieke tydskrifte te verkoop.
“Ons hersien tans alle tydskrifte wat Woolworths te koop aanbied.
“Ons sal voortgaan om tydskrifte van ons rakke te verwyder wat nie gewild onder kliënte is nie.
“Ons probeer om geen gemeenskap aanstoot te gee deur die beleid nie,†het Susman gesê.
kliek hier om die res van die storie te lees...
kliek hier om uit te vind oor hierdie en ander Beeld nuusbrief/we, of verwys-'n-vriend.