stinkmossel wrote:
OM N LANG STORIE KORT TE MAAK, M,EESTE MANNE HET 1 OF 2 SMOOTHIES GEKRY, EN DIE UITEINDELIKKE WENNER WAS HENK VAN LILL, MET N SMOOTHIE VAN 153CM! GEVANG OP N MULLET KOP.
Stinkie, jy hoef darem regtig nie so diplomaties te wees nie, jy kan maar vir die wereld vertel ek het 'n mombak van epidermiese proporsies gehad, ja, ek was seker die enigste poephol wat niks gevang het vir die dag nie.
Maar so werk dit.
Dankie vir die ontmoet, dit was lekker om julle manne se blad te skud, ons maak weer so.
@ Strepie,
Vir jou en die manne van SSEC wat ek nie ontmoet het nie, ek vra om verskoning, dit was regtig 'n geval van viskoors
Ek & Armand het gou lyn op sy katrol gesit. Toe kom stop Rinex & WJ Monty daar en ons skud blad & gesels. Rinex wys vir my ons uit hoe julle lyk, ons kon vir jou & Kaspaas sien. Ons was net van plan om af te stap & te kom groep (en die penn te test drive), toe kom stop Stinkie & deel scorecards uit.
Nodeloos om te sê ons het net daar van julle vergeet, want toe wil ons vis!
Die pen 15 is in elk geval klaar bestel & betaal.