Ek sien dinge so tov my lures & dan natuurlik tov al my ander tackle -
Terwyl ek by die water is , hou ek al die gebruikte eind-gerei een kant in n aparte houer , om sodoende nie die ander gerei aan te klam nie.
Al is dit nou een outing vir n dag, of paar dae. Ek gaan deur dieselfde proses elke keer.
Dit sluit in alle gerei wat gebruik word ,van my lures , gewigte, swivels, hoeke , bait clips, tot my soutwater kuns vliee, messe , gare-houers ens.
By die huis gekom , word alle gerei in n skoon houer met baie ligte seep/ warm water geplaas, afgespoel , en gelos vir sowat 2 ure. Dan word dit afgespoel met skoon warm water , goed afgedroog , & in n plat plaat-houer geplaas, net soos n skink- bord.
Strooi mieliemeel oor die gerei soos lures hoeke, swivels , clips, traces, ens , & los vir sowat 2 dae om alle vog uit te trek. (Ek gebruik nooit meer as n halwe koppie meel nie)
In meeste vd gerei kompartmente & saam, met my lures het ek klein hoeveelhede “moisture-sachets†wat help om vog uit te hou (Die soort wat verkrygbaar is in medisyne botteltjies)
Selfs my lyn op elke katrol word afgerol vir so 150 tot 200m , & word terug gerol met die hulp van n lou nat lap om die sout op die lyn af te vee met die terug-rol slag. So word moontlike swak plekke in die lyn ook op getel.
Al my stokke wat gebruik word kry n deeglike afwas met n spons & lou warm water , & natuurlik alle katrolle word deeglik afgevee met n warm nat spons & weer met baie ligte laag olie afgevee (Salt assassin soos genoem reeds).
Katrolle word gereeld “gestrip & gediensâ€
Let wel lou warm water, & nie warm water wat die verf & glans van lures en ander kuns ase sal benaadeel nie.
Buiten die instandhouding vd gerei, word enige swak of defek op alle gerei gou opgetel , & jou gerei is reg vd volgende trip.
Dit klink na on- nodige werk & tyd ,maar glo my dit spaar baie geld.
Ek bly lief vir my stokperdjie & sorg dat dit dan reg is ten alle tye vir my en my seun se genot die volgende rondte , & hy ken al die “dril†as ons huis toe gaan na n dag se vangs.
Nodeloos om te se , al is hy 17 & dit nie sy sterk punt is om so te staan & skoon maak nie, geniet hy dit tog , en dis wanneer ons oor die dag se gebeure chat & veral oor die vis wat ge-byt het of wat weg gekom het.
Dit bly darem n fantastiese sport.
Jammer MOUSE - Dit was nie oor LURES alleen nie !
