Rust de Winter in Sep

GdP

New member
Hi all,

First of all thanks to all the regulars - I have read as many of the posts as I could and have found it very interesting. By way of introduction, let me say that I'm not entirely new to the artlure fraternity, but I was absent long enough to have missed the whole Sada curly tail revolution (in otherwords long enough to have studied, married and have 2 children). In my days we used to catch kurpers on spinners!

Which brings me to my topic. Mpl artlure is having a comp at RdW on Sat 10 Sep. I have fished this venue only twice before and each of those in a CFC, so it is an unknown as far as species go. I have found good information regarding the species caught in comps there on this forum, but I think most of those were later in the season.

I was wondering if the experienced guys (and girls) could give some advice regarding the smalls and kurper species one could realistically expect to catch in early Sep at RdW? (I'm assuming the better angler will hope to get barbel and carp on top of bass):kaykak
 

The Owner

Senior Member
Hi GdP

Ek dink jy sal vleikurpers kry in die shallows, die sloep by die brug wat jy oorry vanaf die ingang het gewoonlik baie vleikurpers. Kyk of jy agter die riete kan inkom so veel as moontlik, die vleikurpers is meeste van die tyd nie net sommer vooraan die struktuur nie maar sodra jy agter die eerste struktuur kom kry jy vleikurpers. Weet nie of die kanaries al gaan byt nie, maar hulle vang os langs die rietbosse wat regs van die lanch is. Dwergies is meestal volop maar as jy sukkel, soek net vir ordentlike rotsstruktuur en dip tussen die gleufies. Die dam het die afgelope jaar baie moeilik gehengel so as die kleintjies nie aan die byt is nie, gaan eerder vir groot vis en upgrade eerder op jou grotes. O ja en in die rivier kan jy babers roep tussen die riete, maar plons net en werk baie saggies met klein loodkoppe, hulle is baie sku maar ons kry hulle gewoonlik met die tegniek

Hoop dit help
Rudolph
 

GdP

New member
Dankie Rudolph, dit gaan beslis baie help. Ek hoop ons kry 'n paar van die kleiner spesies. Ek sal maklik verlei word om vir groter bass te hengel, maar my boot partner (my pa) is 'n kunsaas man in murg en been en stel elke spesie hoog op prys! Sal laat weet hoe die manne die naweek gevaar het - daar is heelwat talent in die Mpl liga.
Waardeer die reply.
Gerhard
 

GdP

New member
Vinnige terugvoer vir die wat gewonder het. Die hengel was maar moeilik. Alhoewel daar 7 spesies uitgekom het, kon geen hengelaar meer as 3 skaal toe bring nie, met baie wat net baars gevang het.
Daar was net 1 dwerg kurper wat ek van weet en geen gielies nie - die feit dat meeste Mpl hengelaars 10 jaar laas daar gehengel het het seker daartoe bygedra.
Die oggend het begin met karps wat die wereld vol spawn en ons lekker viskoors gegee het. Daar was ook heelwat baber aktiwiteit tussen karps in die gras, maar ons kon nie een kry om te byt nie (selfs nie met klein karp loodkopies nie). Daar was wel 'n paar skaal toe gebring. Die klein babers het soos karps in die gras gevreet - dit lyk en klink nes karp wat vreet maar dan kom die snorbaarde uit!
Ek en my pa het elkeen 3 gevang, baars en vlei (enigste 2 vir die dag) en ek 'n mooi bloue van net oor 'n kg en my pa 'n kanarie. Die bloue en kanarie is albei met 'n karp loodkoppie op 'n 5m dipstok gevang (sal moet soek vir een van daai 7m outjies - sou handig te pas gekom het!). Ons het baie bloues gesien in die baaitjies en sloepe, maar nie baie kanaries en vlei's nie. Ons het 1 skooltjie mooi vlei's opgespoor en was gelukkig om elkeen vinnig een te kry op 'n curly tail.
 

The Owner

Senior Member
Klink asof julle beter gedoen het as wat ek verwag het (aangesien die dam so sleg gehengel het die vorige seisoen). Die dwergies is altyd daar mens moet net weet waar om te kyk, hulle is in die donker gaatjies en gewoonlik baie vlak. Ons was by Renosterkop gewees. Ons het nuwe lede by Salmo en Classics uitgevat om hulle te leer en dit het nogals goed gegaan. Die bass in die dam is mal baie(heeltemal te veel, kan nie goed wees vir die dam nie). Ek het konstant bass gesien en gewoonlik was daar tussen 8 tot 12 in een skool. EK het die dag begin deur op my karp gooistok terwyl ek bubbles gooi 'n bass te vang. Op 'n karploodkop! Daarna het ek nog 'n bass op 'n curlytail gekry terwyl ek vir vleis probeer. Ek het nog so 5 bass op 'n brushhog gekry. Ek kon ook 'n karp vang in die shallows en het 'n paar massive vleis gekry, een was 24cm lank(no lies!). Al die vleis was groot en het tussen 13cm en 20cm gewissel. Verder het ek 'n misstrike op 'n bloukurper op 'n nes gehad. Ons het nie vir makriele probeer nie, maar daar is sommer baie gevang. Verder kon Perinandos hulle moerasghielies en glassies ook kry. Laastens was ek baie bly om groot skole van groot loodvis(soos 25cm lank) te sien eet op die launch. Het ongelukkig nie tyd gehad om vir hulle te probeer nie. Die nuwe klublid, Les, wat saam met my gevang het het dit net so baie soos ek geniet en was baie opgewonde met al die nuwe kennis wat hy opgebou het. Hy het 2 karps aan gehad wat afgekom het, 'n klomp groot vleis en bass gekry.
 
Top