Roodeplaat is aan die brand!

The Owner

Senior Member
Ek het Dinsdag saam 2 van my pelle 'n draai gaan maak by Roodeplaat om te kyk of ons 'n paar snorre kan hak. Ek het met 'n 9kg baber die oggend begin, het hom sien stil lê in die shallows en toe met 'n loodkop gedip met die roepstok. Deur die dag het ons baie babers gesien en alhoewel hulle besonders skrikkerig was, dink ek ons het net so min gevang omdat my twee vriende nog onervare in die diptegniek is. Ek het nog 'n 4kg baber later die dag gevang en Hannes het so 4,5kg baber gevang.

Vandag was ek weer op die dam en alhoewel die dag maar stadig begin het het dit geeindig as 'n baie suksesvolle dag. Ons het die dag op 21 babers geeindig tussen my en Frikkie, ek het 11 gehad en hy het tien. Verder het ons vele nog verloor, ek het 'n bielie gehad wat my hoek oop gebuig het en Frik het ook 'n 'n paar grotes gehad waar die hook nie geset het nie. Ons grootste was 6,5kg. Al die babers is op sig gevang met 'n roepstok met loodkoppe op die diptegniek. DIe oggend wou die babers nie byt nie, maar soos die dag warmer geword het het die babers meer begin byt. Daar is ook hier en daar babers wat spawn. Verder is die dam oortrek met klein bassies, so hier en daar karps wat vreet (bulle van oor die 10kg) en groot bloues is besig om orals te begin nes skrop.

More gaan ek weer, hopelik kan ek more 'n karpie kry. Vat 2 nuwe klublede uit en weet hulle gaan dit vreeslik baie geniet!:wfish
 

Fanie Lindeque

New member
Goeie More ou maat.

 

Well Ek is bly om n goeie report te ontvang van Roodeplaat af. Waar presies was julle en wat was die kostes gewees .

Ek is onder voorstiiter by ons hengel club en ons is tans besig om n tripp tereel daai kant toe latter die maand. Maar al die info wat ontvang het was nogal negetief en ons will graag die juniors ook n kans gee om iets tevang, Ek sal dit hoog op prys tel as jy my dalk meer inligting kan verskaf.

 

Groete

 

Fanie Lindeque

Mad Muddies Hengel Klub.
 

The Owner

Senior Member
Dankie Skuimkop. Ons het van die bote af gevang Fanie, so ek weet nie of ek jou veel sal kan help nie. Maar ons het maar by Avontura se sloepies gevang.

Vandag was ek weer daar. Ek het 2 nuwe klublede uit gevat en ons het lekker vis gevang. Die wind het die oewers waar ons die vorige dag gevang het vol alge gewaai en met die vuil water het ons gesukkel om babers te kry. Maar Aubrey en sy seun Mike het altwee lekker gevang, Mike het 2 keer sy pb op babers verbeter, met 'n 7,3kg en toe 'n 8kg! Dis baie goed aangesien dit die eerste keer is wat hulle babers met kunsaas teiken en Mike is maar 12 jaar oud. Hy moes behoorlik vas hou toe die bielies weg trek. Verder het hy 5 babers gevang vir die dag. Ek het 3 gevang en Aubrey het 2 gevang en 'n bass van 1,7kg. Ek het groot bass gehad op my curlytail stokkie maar sy het my lyn gesnap. Het haar op 'n nes geterg toe is sy aan.

b8mx3a.jpg


My nuwe PB by Roodeplaat van 9kg

t6722h.jpg


Hannes met 'n baber

t0n6n9.jpg


Frik met een van sy baie babers

vfusgn.jpg


Frik se grootste baber
 
Top