Ek het Dinsdag saam 2 van my pelle 'n draai gaan maak by Roodeplaat om te kyk of ons 'n paar snorre kan hak. Ek het met 'n 9kg baber die oggend begin, het hom sien stil lê in die shallows en toe met 'n loodkop gedip met die roepstok. Deur die dag het ons baie babers gesien en alhoewel hulle besonders skrikkerig was, dink ek ons het net so min gevang omdat my twee vriende nog onervare in die diptegniek is. Ek het nog 'n 4kg baber later die dag gevang en Hannes het so 4,5kg baber gevang.
Vandag was ek weer op die dam en alhoewel die dag maar stadig begin het het dit geeindig as 'n baie suksesvolle dag. Ons het die dag op 21 babers geeindig tussen my en Frikkie, ek het 11 gehad en hy het tien. Verder het ons vele nog verloor, ek het 'n bielie gehad wat my hoek oop gebuig het en Frik het ook 'n 'n paar grotes gehad waar die hook nie geset het nie. Ons grootste was 6,5kg. Al die babers is op sig gevang met 'n roepstok met loodkoppe op die diptegniek. DIe oggend wou die babers nie byt nie, maar soos die dag warmer geword het het die babers meer begin byt. Daar is ook hier en daar babers wat spawn. Verder is die dam oortrek met klein bassies, so hier en daar karps wat vreet (bulle van oor die 10kg) en groot bloues is besig om orals te begin nes skrop.
More gaan ek weer, hopelik kan ek more 'n karpie kry. Vat 2 nuwe klublede uit en weet hulle gaan dit vreeslik baie geniet!