Rietspruitdam - Amigos

Graham B

New member
Hi almal, ek wil so bietjie by Klub Amigos gaan kamp. Hoe is dit daar?

Waar is die beste om te kamp en hoe is die vis daar?
 

LeonK

Member
klub amigo's is by verre my gunsteling kampplek. dis so bietjie duur maar dis baie veilig en baie woman friendly.

a-sone is heel regs op die oord en baie netjies maar ongelukkig is die vis maar skaars daar. daar is kragpunte, krane en ablussie

b-sone is soos jy by die oord inkom na jou linkerkant toe. vis kom baie beter daar uit as in die a-sone. daar is kragpunte, krane en ablussie

c-sone is heel links en die beste oewer vir hengel. daar is geen kragpunte, krane of ablussie nie maar hou ingedagte dat die nodige maar net n paar honderd meter op die verste van jou af is.

so as jy vir vroulief saamvat gaan slaan dan eerder kamp op in die b-sone. as jy alleen gaan kan jy c-sone vat.
 

jacogrobbelaar

Senior Member
Daar is baie mense wat van die plek hou en ek het niks teen hulle nie maar ek het n ander naam vir die plek. Kakspruit......... Ek hou glad nie van die plek nie. Die ou is duur.......Ons was al daar op n lang naweek toe drik hy mense in die plek in en ons sit soos sardientjies.....B blok se ambluisie het nie genoeg warm water gehaad nie..... Die vis is ook nie iets om oor huis toe te skruif nie. Maar nou Ja elke ou het sy eie opinie so gaan en try dit vir jou self. Jy like dit dalk.
 

Graham B

New member
Hallo almal, dankie vir die terugvoer.

Ek was nog nooit daar nie en hoor maar baie van altwee kante af.

Party se dat dit lekker is en ander se weer dit is nie.

As ons daar gaan kamp sal dit buite seisoen in die week wees so ek glo nie dit sal besig wees.

Ons soek graag n' plek waar daar so paar ander dinge ook is om te doen maar waar visvang eerste op die lys is.

Indien ek daar gan kamp sal ek defnitief in die b-blok gaan kamp soos Rampokker voorstel. Watse stand is die beste vir visvang daar?

Waar gaan jy gewoonlik Jaco?
 

jacogrobbelaar

Senior Member
Ek gaan gewoonlik Dimalichite Parys toe maar soos ek gesê het probeer Rietspruit jy geniet dit dalk. Die plek is seeker nie so sleg nie...
 

LeonK

Member
graham die stand reg onder die ablussie of B1. as jy B1 vat is dit moeilik vir die mense om jou vas te druk.

ek het so rukkie terug daar n mooi karp van so 5kg gevang. inteendeel, ek het nog altyd baie mooi gevang daar. as ek by die werk was dan kon ek vir jou n paar pics opgesit het van my vangste daar.

jaco lyk my het nog net bad luck gehad. as daai plek vol is moet mens maar 1ste by daai showers uitkom.

graham, soos jaco se, dalk hou jy daarvan....of dalk hou jy nie daarvan nie maar daar is darem n ietsie vir almal om te doen.
 

LeonK

Member
jy behoort vis te kry op:
almond supreme
ddd
fx
perdeby
biddulfs
banjo
peach
garlic/devilsfork
gumtree
lootie
stats

speel maar rond tot jy die regte kombinasie gekry het.

soos jy by die hek by die c-sone inkom, draai dadelik af water toe en j sal sien die oewer maak so punt. so 20m regs van daai punt is die spot.

afstande sal wissel tussen 60m-80
 
Top