bulletjie jy moet koop wat jy kan bekostig. maar as jy ernstig is oor hengel, koop die beste en kry klaar. dit is gewoonlik van toepassing as dit by katrolle kom en daar sal ek net shimano aanbeveel. Westerns acc in krugersdorp het juis nou n special aan op shimano katrolle. ek praat onder korreksie maar dis R795 vir die 5000/6000/8000's. jy sal daai prys nie gou weer sien nie.
as dit by stokke kom is daar n baie groot keuse. ek hengel met WAFT black stallions en hulle doen die ding vir my. hulle is nie net lig nie maar hulle gooi net so lekker. n stok met n 3lb test curve is maar die beste en sodra jy meer as dit gaan, bv 3.5lb, dan kan jy begin hook pulls kry. weereens, koop wat jou sak pas of waarvoor jy jouself instel. stokke upgrade mens nogals gereeld so koop iets wat jy weet n langtermyn belegging vir jou sal wees. jy moet van die begin af gelukkig wees met hulle. kyk na sensation, shimano, WAFT ens.
bait runners bly maar die beste katrolle. nie net is hulle uitstekend as dit kom by tempo hengel nie, maar jy kan vinnig spoele ruil na n spoel toe met dunner/dikker lyn, of na n spoel toe met n leader op. dis net 2 voordele maar daar is baie wat ek nog kan noem.
hoop dit help en as jy onseker is, gooi die vrae.