Die liga was baie lekker gewees! Sjoe deesdae is ons sommer 20 bote op die water! Die meeste spesies wat gevang is is 9 deur Juan Lombard (junior). Hy het baber, karp, makriel, papierbek, bass, vleikurper, bloukurper, dwergkurper en ghielie gekry. Verskeie hengelaars het ook glasies gekry. Ek het my PB papierbek gekry en dis nogals my eerste papierbek by Renosterkop. Ek was baie verstom met die hoeveelheid papierbek wat gevang is, daar is 'n hele klompie gevang.
Hier is my papierbek