R50 dam Brackendowns

Aangesien die skool eksamens afgehandel is verlede week en ek na die kinders moes kyk in my af tyd, het ek besluit om hulle R50-dam buite Brackendowns toe te vat om hulle besig te hou. Besef toe gisteraand dat ek nie voer het nie, so die 06:00 weg trek dam toe duik in die hek. Ry toe na 08:00 na die naaste hengel winkel toe en skaf 'n 2kg pak voer aan.

Kom by die dam aan teen 09:10 en ek besef toe dat ek al my stroppe opgehengel het by die Sealine social by Krugers. Gaan sit toe op my stert en bou 4 stroppe. Elkeen het 'n stok gekies en self die stroppe gelaai. Die eerste strop word gelaai met 2 piesang floaties op die boonste hoek (die dam het dik modder) en 'n degie onder. In die verlede het Tjop-tjop en Sticky altyd gewerk en ek sit toe die op die bol. Gooi so 80m in met Duhne se 10vt stokkie. Martin het erens die idee gekry om tee blare by voer in te meng en wil weet of dit sal werk omdat die tee 'n wolk gaan afgee soos floro in die water...............wel, gee hom krediet vir die vergelyking wat hy getref het tussen die twee stowwe, alhoewel ek nie gretig was oor sy idee nie. Hy sit dieselfde aas op, maar met skoon TCP en Quattro oor die bol gesproei.

Ons het van 09:50 gehengel totdat die weerlig begin blits het teen 11:45. Wou nie kanse vat nie en het opgepak en gery. Natuurlik was daar nie veel meer weerlig nadat die laaste goedjies ingepak is nie, maar met 6 vis vir min of meer 'n 2 ure sessie, is die kids en ek tevrede.

Duhne vang die eerste vis, na n goeie reel-run:

 
 

Attachments

  • IMG00274-20111128-1005.jpg
    IMG00274-20111128-1005.jpg
    52.8 KB · Views: 225
Halfuur later (10:36) en die twee het 'n double-up............ja, die karp wat Martin vashou is op sy teeblare-mieliebol gevang:
 

Attachments

  • IMG00275-20111128-1036.jpg
    IMG00275-20111128-1036.jpg
    64.3 KB · Views: 226
Teen 11:22 vang hulle weer 'n double-up. Duhne die baber op die 2 floaties en Martin die karp ook op die floaties, maar sonder sy tee-bol.
 

Attachments

  • IMG00277-20111128-1122.jpg
    IMG00277-20111128-1122.jpg
    70.1 KB · Views: 224
Halfuur later (11:54) het die weerlig begin blits en ek het toe self die stok hanteer en laag op die grond gaan sit met die stok plat teen die grond. Hier staan altwee saam met die vis:
 

Attachments

  • IMG00280-20111128-1154.jpg
    IMG00280-20111128-1154.jpg
    50.9 KB · Views: 225

Danievg

New member
@JPS & kids

Well done, dink net hoe besig sou julle gewees het as die weer nie so gagga was nie...

 

 

:::S

 
 

Wernerbloem

New member
Ja nee dit lyk sommer baie lekker, geluk aan die kiddies met hulle vangste. Die teeblare ding is interesant, die man dink duidelik uit die boks uit dis hoekom hy verseker nog hope vis gaan vang.
 
Top