PRO AM

PI

Senior Member
Hi There,

Has anyone fished a PRO AM yet? I will fish my first one 31 July @ Draaifontein.

Where is Draaifontein?

Have you got any suggestions for baits or dips?

PI
 

LeonK

Member
draaifontein? eisch!!!!! vlakwater en baie vassit

moenie te diep probeer hengel nie

naruto jy skryf net in en hengel.
 

PI

Senior Member
Ja, Dis R100 en R20(entrance) vir die dag. Al die geld word ook dieselfde dag uitgedeel as pryse. Jou naam sal op n lys kom en dan sal jy moontlik uitgenooi word om die finals te hengel te Bloemhof Dam in Desember. Laas jaar se prysgeld was R10K.

As ons daai dag so 30 hengelaars kan wees sal die 1st prys om en by R1050 wees. Die dam sal gepeg word, en die eerst plekke van elke sone kry dan 1ste, 2de en 3rde plekke, en dan al die 2de plekke sal 4de, 5de en 6de wees. Dis net om fair te wees aan al die deelnemers. Partykeer kom die vis net beter uit in n sekere zone.

Laat my weet as jy extra detail kort.

PI
 

Waldok

Senior Member
Ek raak sommer naar as ek Draaifontein hoor..... Het met ons klub komp permanent vasgesit daar. Ek was so gatvol gewees daai dag, dat ek vir n ruk nie eers stokke in die water gehad het nie.

Maar miskien kry jy n nice spot waar jy nie vashak nie.
 

LeonK

Member
vat baaaaie stroppe saam! dit help nie eers jy vang net met een hoek nie.

as jy die pen trek op die punt links van die baaie....dis m@%r vlak daar. hengelafstande gaan min of meer 80m en n bietjie wees.

tac/strawlic/devilsfork/duiwelsdrek/banjo/paint/fx/quatro/perdeby

 
 

Karp-a-holic

New member
Hi

Die pad soontoe is maklik jy kan of van College Plaas se kant af ry of van Steyns se kant af. As jy verby Steyns ry kyk vir die draaifontein bordnop linkerkant dit wys waar Draaifontein is.

Draaifontein het vlak water links maar indien jy regterkant van die oewer hengel het jy dieper water en jy fish dan so tussen 80 tot 100 m. Die beste dip vir Draaifontein wat ek al meer gehengel het is Boogyman. Sit maar genoeg op. Ek meng ook dan my boogyman met en sonder floro.

Net deeg moenie floaties probeer nie anders pla die geelvis kwai.

 

Lekker hengel.:ifishin
 

PI

Senior Member
Hi, jy kan die oggend van die kompetisie inskryf by die hek.
Geagte Mede hengelaar.

Gun my asb die kans om U hiermee uit te nooi na Gauteng PRO-AM kompetisie die 31 Julie 2011 te Draaifontein (Vaaldam).

Ons ontmoet mekaar om 05:30 voor die groot hek, om 06:00 trek van penne. Vir die wat nie weet waar dit is nie, vanaf Vereeniging neem die R541 Villiers pad tot die Draaifontein afdraai, ry met grond pad tot by groot hek, sou die hek toe wees kan u Yolanda kontank op sell 0828756488 om hek oop te maak.

Die Gauteng PRO-AM kompetisies sal voortaan elke laaste sondag van die maand plaasvind, einde Desember sal daar geen Pro-Am kompetisie wees nie en die finale jaareind kompetisie vir die jaar sal 3 Desember 2011 plaas vind, alleenlik SAFBAF lede kan kwalifiseer vir finale kompetisie.


Trek jul dagboeke nader en maak die nodige inskrywing. Daar sal gedurende die maand 'n E:pos gestuur word om lede te herinner aan die kompetisies.


DAGBOEK DIE VOLGENDE DATUMS


31 Julie 2011 te Draaifontein

28 Augutus 2011 ( hengel oewer sal aangekondig word)

25 September 2011 ( hengel oewer sal aangekondig word)

30 Oktober 2011 ( hengel oewer sal aangekondig word)

3 Desember 2011 finaal te Bloemhof Dam

1) Hengel sal plaasvind van 07:00 tot 15:00
2) Daar sal volgens SA Hengel reels gehengel word.
3) In weeg om 15:30
4) 16:00 prys uitdeling




Kompetisie gelde vir 31 Julie 2011 is soos volg

Kostes vir SAFBAF lede is R100.00 plus R20-00 hekgelde per lid Nie lede is R100.00 plus R20.00 hekgelde vir die res van die jaar, vanaf Januarie 2012 sal nie lede R150-00 plus hekgelde wees.


Almal is welkom


Vir meer inligting kan u die volgende persone kontak

Vissie 083 303 1131
Brett 082 888 0270


Regards,
Werner Lubbe
SAFBAF Plus

SAFBAF Plus Card - The Bank Angler
 
Top