Perlemoen spoel uit op Melkbosstrand

oomfaan

Senior Member
Ek kom nou net (19:00) uit die see by die NSRI gebou en sien 'n klomp perlemoen skulpe daar le, meer as wat gewoonlik hier uitspoel. Ek skop toe een om en sien daar is nog vleis in hom. Kry toe meer as 20 doeie perlemoene daar. Is die net 'n tiepe rooi gety of is dit besoedeling? Is ons nou hier ook op dieselfde paadjie as die Hartenbos rivier?

En om te dink , ek kon kersfees van hulle geeet het. Hulle is mos nou in elk geval verlore vir bewaring.
 

jaccil

Senior Member
Perlemoen kan op tye uitspoel in klein hoeveelhede, as 'n sterk see regtig erg omgekrap was. Ek weet van een plek waar dit gebeur...

Ek vermoed ook daardie lot wat jy gevind het, het nie net toevallig daar verskyn nie. Hulle is waarskynlik nog goed genoeg om te eet ook! Was almal dood?
 

oomfaan

Senior Member
Almal was dood en en baie ingekrimp. Party het al begin stink. Ek het ook eers gedink aan eet, maar ek sal nie daai kans vat nie.
 

Mike D

Senior Member
Interesting - wonder if this doesn't account for the lack of activity as has generally been experienced along the west coastline, in the recent past!
 
Top