paarl

Ek sien Oom Dyna het jou klaar geantwoord op die Zeekoeivlei thread.

Hy het vir my ook daai tips gegee van die piesang geure. Het gewerk soos 'n bom. Ek het net 'n Vampire floatie (garlic) van MG Baits gebruik en Banana Cream van Trucella op die bol. Het eers met Gumtree saam met die Banana Cream begin, maar die tempo was mal gewees, toe sit ek net die Banana Cream op. Later het ek sommer skoon gegooi ook.

Weet nie hoe gaan Paarldam in die winter wees nie, maar in die somer vang mens sakke vol vis daar.
 
:) as Paarl dam gaan hengel soos in die somer, dan sal Plan B wees om jou kos en vloeistof te drink en eet voor die hoeter geblaas word.

 
 
PITY! Ja, die nadele van 'n swak pen. Al die voorbereiding en planne en dan trek jy 'n dooie stuk water.

Maar volgende keer kan dit anders wees.

Wat was die wensak so terloops?
 
Top