Ope visvang kompetisies

gerard10

New member
Hi almal

Ek wil net graag weet is ope komptisies wat geadverteer word goed vir jou visvang? ek verstaan daar is altyd kwesies oor wie wen maar as jy gaan vir oefen en nuwe idees te probeer werk dit?

 

 
 
gerard10 wrote:
Hi almal

Ek wil net graag weet is ope komptisies wat geadverteer word goed vir jou visvang? ek verstaan daar is altyd kwesies oor wie wen maar as jy gaan vir oefen en nuwe idees te probeer werk dit?

 

 

Persoonlik dink ek die ope kompetisies is nie die tyd om te oefen nie. Dit kos tog heelwat meer vir die kaartjie as net die gewone toegangs fooie en fokus almal om die grootste karp/swaarste sak/baber of wat ookal te vang.

Ek dink ook nie die ouens gaan sommer idees met jou deel nie.

My opinie, want ek neem nie deel aan die ope kompetisies nie.
 
En ek glo jy kan jouself meet aan nuwe ouens in n semi-kompeterende faset. Maar daar is nie sones nie, so die ouens wat die "beter" water kry gaan mos kompeteer teen iemand wat in die "swakker" water sit, wat nie regtig regverdig is nie. Ligas en proewe vinds in sones plaas wat n beter aanduiding is van jou hengel vernuf en waaruit jy meer leer as tydens n ope kompetisie.
 

gerard10

New member
Dankie JPS.

So dit is beter om vir 'n naweek net te gaan vang en al jou nuwe idees uit te probeer en sien wat werk.
 
gerard10 wrote:
Dankie JPS.

So dit is beter om vir 'n naweek net te gaan vang en al jou nuwe idees uit te probeer en sien wat werk.

Dis my opinie Gerard. Dan vermy jy die R100 wat jy vir die kaartjie moes betaal en kan jy dan fokus op wat jy wil "tweak" aan jou hengel en wat wel werk by die venue. Maar moenie te veel staat maak oor wat VANDAG vir jou gewerk het nie, want volgende keer gaan die toestande verskil.

Al hengel jy stoksiel aleen op 'n oewer, is dit jy nog steeds besig om hengel oefening te kry. Al is dit net om te gooi en te kyk of jy jou hengel tempo kan verfyn. Amper soos golf........om balle op die driving range te slaan of op die putting greens te set, help mos tog om jou spel te verbeter.
 

Naruto

Sealiner
Ek stem saam met JPS. Ek het nog nooit een van daai ope komps gedoen nie want ek kry altyd n gevoel dat daar te veel mense gaan wees. Amper soos om op kersdag Durban strand toe te gaan. Dan doen ek eerder die klub of social hengel ding met n paar mense saam my wat ek weet ook ernstig is oor visvang en nie my hengel ervaring gaan bederf nie.

Vind uit watter klubs is in jou area en gaan hengel n paar keer saam hul. Eks seker hul sal jou saamvat as n gas en dalk leer hul jou nog n ding of drie.
 
Top