Oorspronklike TCP

ChriDry

New member
Ek het in besit gekom van twee bottels oorspronklike TCP al die pad vanaf Engeland.

Nou wat nou?

Kan ek my eie dips maak of hoe gebruik ek dit nou?

Ek het al gehoor jy kan selfs floaties laat week daarin.

Dankie Chris 
 

dawid2005

New member
Hi Chris

Jy is baie gelukkig om dit te kry, ek stel voor jy kry 'n goeie kluis vir daai goed want ek dink hier is 'n paar manne op die site wat jou groot geld sal aanbied vir dit.

Ek is seker jy kan jou eie dips maak, ek seker die manne wat weet sal jou goeie raad kan gee daarvoor.
 

misguide

Senior Member
ChriDry wrote:
Ek het in besit gekom van twee bottels oorspronklike TCP al die pad vanaf Engeland.

Nou wat nou?

Kan ek my eie dips maak of hoe gebruik ek dit nou?

Ek het al gehoor jy kan selfs floaties laat week daarin.

Dankie Chris 

:fbash  ....  now you can send 1 of the bottles to me! ...   ;)

 
 

Naruto

Sealiner
As jy nie weet wat om met dit te doen nie, sal ek dit maar by jou moet kom haal. Roodepoort is darem nie te ver van my af nie. Hahahahahaha!
 

ChriDry

New member
Naruto / Misguide

Ek sien julle manne is gesoute lede van hierdie webwerf, nou probeer julle 'n arme junior lid onbehoorlik beinvloed en met sy kop te smokkel om hom van sy baie skaars proviant te "beroof".::S

Al wat ek baie mooi vra, is hoe om dit te gebruik? Gooi 'n mens miskien so 'n paar druppels op die bom of meng jy dit met iets anders of wat? Ek weet regtig nie!!^^..

Ek sê julle twee wat ek sal doen. As ek weer so 'n gelukkie kry, nog moontlik in hierdie jaar, is daar twee botteljies met julle naam op!!  
 

Sukkel maar

Senior Member
Kan daar dalk 3 bottels wees met my naam ok op????? PRETTY PLEASE!!!!

Daar's heelwat wat jy kan doen. Selfs experimenteer met jou eie mooti's. Jy sal verbaas wees hoeveel keer jou eie idee's kan werk. Ek het dit gewoonlik net so gedip of saam iets anders gemeng.
 

Naruto

Sealiner
Slakke ingelê in TCP werk goed vir carp en baber.

TCP gemeng met stroop of heuning. Weet nie watse verhoudings nie. Jy kan ook bietjie almond bysit.

TCP net so op die bol. Nie te veel nie.

O ja! dit help ook vir seer keel (verdun dit eers met water) en om wonde skoon te maak.
 

ChriDry

New member
Daar is hy nou.

Baie dankie, nou weet ek 100% meer as wat wat ek vanoggend geweet het!

As daar drie is, is daar een met die naam Sukkel Maar op een, aangesien jy die bol aan die rol gekry het!~Ek weet nie hoeveel ek gaan kry nie, maar dit sal moonlik vanaf Amerika af kom. Dis 'n vriend se vriend se vriend wat kom. Of hy sal bring, weet ek nie, maar ek hoop so vir julle!!:fishn
 

misguide

Senior Member
I mix mine more or less like this:

TCP = 25ml
Caramel Essence = 25ml
Almond Essence = 25ml
Water = 125ml
Green A grade fluoro = 1 x teaspoon

I don't have a problem with mixing water in this dip.
 

Naruto

Sealiner
misguide wrote:
I mix mine more or less like this:

TCP = 25ml
Caramel Essence = 25ml
Almond Essence = 25ml
Water = 125ml
Green A grade fluoro = 1 x teaspoon

I don't have a problem with mixing water in this dip.
Africast se gurgle werk soos 'n bom vir my. Dit bevat regte UK tcp. Maar ek sal darem like om so bottel regte tcp in by hande te hou en te sê dis myne, net myne...
 

misguide

Senior Member
I have an original bottle which I have been using to make my dips - it is getting very low now!

I have asked my aunt to bring 2 bottles back from UK for me.
 

ChriDry

New member
Al wat ek op hierdie stadium kan sê is"EK HET TWEE BOTTELS. DIT IS MYNE".

Jammer. maar dit laat my goed voel.

Sê maar die gebedjies elke dan en wan en wie weet, dalk binnekort!!

Dankie vir al die tips hoe om dit te gebruik.

Ek gaan oor twee weke na THE DELL naby Parys. Ek sal al die tips toepas en kyk of ek geluk het met TCP.
 

misguide

Senior Member
Naruto wrote:
misguide wrote:
I mix mine more or less like this:

TCP = 25ml
Caramel Essence = 25ml
Almond Essence = 25ml
Water = 125ml
Green A grade fluoro = 1 x teaspoon

I don't have a problem with mixing water in this dip.
Africast se gurgle werk soos 'n bom vir my. Dit bevat regte UK tcp. Maar ek sal darem like om so bottel regte tcp in by hande te hou en te sê dis myne, net myne...
Craig and Marius dips are always made with the right ingredients and they don't skimp to make more profit!
 

Brakkanjan

Senior Member
Een van my geliefkoosde mixes by die Vaaldam of Vaalrivier is omtrent 25ml TCP, 50ml Bloekomheuning, dan kan jy so halwe teelepel A-Graad Floro bysit en klein bietjie glyserien.

Oop kole!::S
 

ChriDry

New member
Dankie Brakkenjan

As iemand vir my kan sê waar kan 'n ou bloekomheuning kry, gaan ek die resepie ook probeer want ek gaan juis in die rivier vang by The Dell.
 

Wernerbloem

New member
Jy kan die TCP ook gebreik om die volgende te maak:

70% piesang (ek gebruik sommer die essence); 20% Wintergreen (olie kry sommer by n apteek) en dan 10% TCP (jou luky wetter). Julle noem die dip BMT
 

ChriDry

New member
Dankie Werner

Ek gaan hom ook maak. Al die resepies behoort my te hou vir 'n hele wyle.

Jare lank noem my pa my ook 'n wetter. Ek het nou die dag uitgevind dat 'n wetter eintlik 'n gekastreerde plaas-hoenderhaan is.::S(hahaha)
 
Top