Onthou die volgende......

Bevid

Sealiner
Onthou die volgende as julle see toe gaan:

Haai aanvalle, om te voorkom dat 'n haai u byt, doen gie volgende.

Wenk nommer 1: Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water . As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan le onder jou sambreel met 'n drankie.

Wenk nommer 2: Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed.

Wenk nommer 3: Monnie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra HY/SY bloei, swem so vinnig as wat jy kan.

Wenk nommer 4: Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied- As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe: Da-dam...Da-dam...Da-dam...As dit so klink: DADAM-DADAM-DADAM, is dit te laat.

Wenk nommer 5: Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly stil as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou kannon in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Daar is nou niks meer wat jy daaraan kan doen nie...jy moes geproe het voor jy pens en pootjies ingeklim het.

Hoop die 5 wenke kan van hulp wees as so iets wel in die toekoms met u sou gebeur.
 
Top