Okay... Ek kort jul hul so gou as moontlik. Ek g

kiki89

New member
Okay...
Ek kort jul hul so gou as moontlik.
Ek gaan die 28ste September tot 2de Oktober gaan visvang saam met die ouens.
En ek wil graag weet watse aas om te gebruik, watse soort geure in die oggend, middag en aand... deegies, dips, strope, boilies,ect.

help.help.help
 

kiki89

New member
Julle is nie ernstig nie...
So baie views al en niemand kan my uit help nie...
ek het nou al baie goed gaan opsoek, en baie mense se posts gelees... maar met watse geure in die oggend middag en aand. in een berig lees ek karpe hou nie van sterk geure nie, en dan weer in 'n ander een, laat jy net sterk geure moet gebruik. nou is ek deurmekaar. ek vra die kenners, wat by bloemhofdam al gevang het, wat moet ek gebruik, asb
 

CARP1

Sealiner
Hi Kiki.Soos ek Bloemhof ken sal ek se enige vorm van Amandel.Banjo beslis en moet nooit FX weggooi nie.Speel maar rond tussen degies en floaties en kyk wat werk die beste.
 

Naruto

Sealiner
naweke vang almal vis haha! En al die views wat jy al gehad het was waarskynlik van ongeregestreerde mense wat nie kan antwoord nie al wil hulle.

Ekt nog nie Bloemhof self gevang nie, maar ek sal dit dieselfde as Vaaldam benader. Plain hoekase. Soet op die bol en ietse sterk(nie te veel nie tensy die wind erg waai) as dit stil is. Eks seker Perdeby/Kiana sal n goeie kombo wees. Yellow activator net so of saam n bietjie Vaaldam dip sal ook goed werk. Erdwurms sal ook altyd vis kry.
 

kiki89

New member
@ CARP1
Baie dankie. ek sal seker maak ek ek koop daai “goed” (geure/dips)
ek het darm ‘n deegie resep gekry, wat semolina meel bevat en kerrie sal dit probeer.

@ Narato
lol, ja…:fbash almal vang vis
sal solank die erdwurms bymekaar kry en ook dai kombo probeer.

Groot dankie aan jul twee..:merm
Ek ken niks van vis vang nie, dis hoekom erg so gretig is vir raad en antwoorde. ek ken net van sit aas op, en goi in, dis al!!! Hoe om ‘n hoek aan te sit het ek nou eers begin leer..
En ek wil die keer ‘n bietjie meer wys…
“I want to pull the rabbit out of the hat”
Nog 1ding. wat is die storie met Boillies????:D
 

Naruto

Sealiner
Hier is n paar posts wat jou ook kan help:
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=35040&forum_id=80
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=40274&forum_id=80
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=54190&forum_id=80
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=47343&forum_id=102

En as jy meer wil weet oor Spesie Hengel(boilies) gaan kyk hier:
http://www.sealine.co.za/view_forum.php?id=79
 

kiki89

New member
Such a dumb ass..

Baie dankie Naruto ^^..
Waardeer al die links, glo ek sal gou gou getrain wees met die hele ding.
En hopelik die ouens se gatte ordentlik skop!
hehe
 

CARP1

Sealiner
You go girl!! As ek reg onthou het Bruggie n size karp daar opgetel op n eenvoudige manier.Laat middag het hy n GROOT bol gemaak,die hoeke vol pitmielies gemaak en dit so op 150m gedrop met sy seiljag.As ek reg onthou was die knaap so net onder 10kg.
 

CARP1

Sealiner
You go girl!! As ek reg onthou het Bruggie n size karp daar opgetel op n eenvoudige manier.Laat middag het hy n GROOT bol gemaak,die hoeke vol pitmielies gemaak en dit so op 150m gedrop met sy seiljag.As ek reg onthou was die knaap so net onder 10kg.
 

kiki89

New member
THANX CARP1::S

Sal dit in gedagte hou..
Hul het nogal 1 of ander bootjie gekoop, solank dit nie 'n opblaas thingy is nie...

Eks so exited, dis die meer ver nie, ek sal moet wikkel. tsk
die week moet verby gaan en volgende week moet kom...
 

Unlimited

Sealiner
almal wat al daar was se jy gebruik koo mielies uit die blik uit, het nou al by vaaldam ook gesien dat hul dit soms so verkies... dis nie noodwendig net jou aas wat maak dat jy vis vang nie... diepte, voerptrone, weer, maan, natuuurlike veilige plekke onder die water speel als n rol.
 

CARP1

Sealiner
Dis juis daai Koo-pitte wat Brug gebruik het.Ons het ook al huge sukses by Sandveld gehad met "outydse" gemaalde mielies en kaboem pitte op die hoek.Groot bom en roei so 150m.Het 200m van die brug af gesit.
 

CARP1

Sealiner
Geduld,Naruto,geduld.Ek moet net al my ducks in a row kry,dan reel ek n oordentlike trip.Mamma se mos sy wil n snorbek vang...
 

Naruto

Sealiner
Gideon, ek sal solank al die graskarp vries wat ek vang. Daai platbekke gaan nie weet wat hul tref nie.
 

CARP1

Sealiner
Sam se grootste vis tot dusver is n 1kg karp.Picture haar nou met n 10kg snor.Ek wed geld dat jy net stok gaan sien trek as hy die 1ste keer langs haar water breek.LMGA!En sy weier om hom met enigiets anders as haar 10ft te vang.
 

kiki89

New member
Dankie almal van julle *hugs*

@unlimited.
het gehoor van die diepte en voer patrone.
Maar die weer? en die maan?
hoe moet ek dit weet?
dis nie asof die visse soos suikerbos onder deur die maan swem nie?? hmm of doen hul..
Hehe.
Nou is daar iemand wat die weer en maan info vir my kan gee?
oh en iets van die water temp???
 

Naruto

Sealiner
Ek het vir my n 8' one-piece gekoop begin van die jaar juis om bietjie groot snorre te target. Hoop ek kan hom gou bietjie inloop. Arme ding weet nog glad nie hoe n baber lyk nie...
 

Naruto

Sealiner
kiki89 wrote:
Dankie almal van julle *hugs*

@unlimited.
het gehoor van die diepte en voer patrone.
Maar die weer? en die maan?
hoe moet ek dit weet?
dis nie asof die visse soos suikerbos onder deur die maan swem nie?? hmm of doen hul..
Hehe.
Nou is daar iemand wat die weer en maan info vir my kan gee?
oh en iets van die water temp???
EK sal nie te veel bekommerd wees oor die maan nie tensy dit presies volmaan is. Dan lyk dit my raak al die vis maansiek en hou op byt. Water temp is ook nie n te groot probleem nie As die water koud is, gebruik dips wat n dun basis het wat maklik kan versprei in die water. Wat wel nogal n issue kan wees is skielike verandering in die weer. As dit reen byt die vis nogsteed en as die wind waai ook. Die wind moet net te hard waai nie, want dan gaan jy meer bekommerd wees om te keer dat jy tent nie weg waai nie as om vis te vang lol!

Bloemhof is darem die tipe plek waar mens altyd vis kry. Hierdie naweek behoort nie anders te wees nie.

hier is n nice websit vir weer:
http://www.freemeteo.com/default.asp?pid=15&la=1&gid=967511

Dam kontoere:
www.damcontours.co.za
 
Top