Wazz up Pel.
Die tweede dag was maar rof. Ons het regtig als probeer en net n paar kleinerige kurpers gekry op wurms en twee baars ook op erties.
Daar is beslis baie groot bass! As ons spinners en Jigs gegooi het, kon ons hulle sien nader kom, maar wou nie byt nie. Taxas was baie stil.
Die quarry is regtig so goed gelee en bied iets van als in terme van spots om te vang. Die water is skoon en baie helder. Daar is baie bome en grass in die water aan die Suidelike kant van die dam. Die oostelike gedeelte het baie goeie onderwater bome en strukture en n helse drop-off omternd 30m in van die kant. Noord oos ( teen die groot walle ) is n inham en n "mase" drop-off! Die noordelike wal is na my meening te diep vir bass? Ek het lat loop met brush jigs en taxas en die kunsaas sink en sink en sink..........
Ek dink die dag was net nie reg nie. Ons het n grote sien spring by die boot ( maklik 3kg) en daar is geweldig baie klein bass tussen die grass, selfs in die dieper gedeeltes.
Ek dink ons moet maar met die eienaar praat en n daggie daar reel met n paar manne met klein bote om te sien wat dit oplewer
Die crossbow was regtig vir al die manne wat teen die walle bly. Daar is volgens die ou by die hek n bietjie van n misdaad probleem. Los maar jou kar by die hek by security en stap in. ( laai die boot af en gan bere weer die bakkie) Moet nie alleen gaan vang nie. Die kanse is goed dat julle moeilikheid optel.
Weet jy hoe lyk die bass by die "Cable ski" dam in Midrand