Namibia Coastline December 2010

Simen

Sealiner
Guys just to see who all is fishing Namibia from when to when and where are you based.

I will be at Mile 108 from 10 Dec.
 
Fanie

Sealiner
I will be at Mile 108 from 10 Dec.

Lekker leedvermakerig ne'. Dis my pel Philip se hot spot daai. Hy het een maal die foutjie gemaak om sy nie-hengelende vroutjie saam te piekel - so vinnig as wat hy aas aansit trek sy vrou die kabeljoue uit. Aan die einde van die dag het hy nie een enkele een self gevang nie, sy vrou het almal gevang.

Moreel van die storie - wees versigtig wie jy waarheen vat.
 
KLAASMAN

New member
Hi Simen. ST.Nowhere. 13de Desember tot 8ste Januarie.Kyk maar om jou,ek gaan jou gate merk! LOL!! Weet jy watter stand nommer by Myl 108? Ek sal kom groet.
 
CARP1

Sealiner
My Pa en broer en sy famielie is oppad Torra toe.Hulle slaap vannaand in Windhoek en sal Saterdag by Torra aankom.

So as iemand 'n wit Discovery3 sien vassit in die sand,loop na die bestuurder toe en gee hom 'n helse groot kopklap.....;-)
 
MnrBester

New member
Ons kom die naweek (ons ry sondag 5de) en sal maandag in Henties wees.  Ons het so paar maande terug n nuwe huis daar gekoop!  Gaan die hele desember daar wees.  Net so 21-25ste gaan ons Terrace toe.

Ek, vroulief, 2 peuters (18mnde en een 3 jaar), en skoonpa en skoonma.

Dit sal my eerste keer visvang in Henties self wees. Gewoonlik (2003, 2004, 2008) net in Terrace baai gewees. 

So ons ken nie juis die gate en plekkies in/om henties nie.
 
Simen

Sealiner
MnrBester wrote:

Hallo daar, Noord of Suid duin huis gekoop?

Henties area het goeie plekke om te hengel maar gaan 'n rukkie neem om te verken.

Jy is welkom om by my in Usakos te stop op pad Henties to vir n' koffie en 'n gesels.

Ek sal bietjie kyk of ek al die hengel plekke om Henties se GPS Koordinate het.
 
JasonF

Sealiner
Simen wrote:

Ek het nie n GPS nie so oom moet maar saam ry as ek daardie kant toe kom.... lol
 
Simen

Sealiner
Loomisx5 wrote:

Geen probleem ek sit links voor
 
Koper

Senior Member

& die koelerboks in die middel????
 
Sal maar met die lefthand drive kom, of kry n ghielie(Net om te bestuur) met n lisensie.
 
MnrBester

New member
Dit wys as Henties Extension 10 op die munisipale map. erf2277

Ons sal dalk net kom stop vir 'n koffie!!

Ek wil graag n bronzie vang.  Watse lyn sal jy aanbeveel? sterkte/dikte.

Ek sal die Sealine 50 gebruik vir haaie,  hou maar die TN30 vir die ander visse.

Koper

Senior Member
Ek sal definitief my katrolle omruil, die Trini is baie meer geskik vir ineds & gebruik die Grandwave vir jou eds.
 
Simen

Sealiner
MnrBester wrote:
Dit wys as Henties Extension 10 op die munisipale map. erf2277

Ons sal dalk net kom stop vir 'n koffie!!

Ek wil graag n bronzie vang.  Watse lyn sal jy aanbeveel? sterkte/dikte.

Ek sal die Sealine 50 gebruik vir haaie,  hou maar die TN30 vir die ander visse.

Ek nou nou gou op die kaart kyk.

Jy is meer as welkom om te stop, sal dit waardeer. sal dit Sondag wees?

Om bronzies te vang sal .50 /.55 voldoende wees. Kingfisher High abrasion of T line is albei goed.

Koper se voorstel is goed om die katrolle andersom te gebruik, maar ek is seker die Trini is jou gunsteling en jy gaan meer witvis vang as haaie.

Keuse is joune.

MnrBester

New member
Dankie. janee, my meeste visse is met die TN30 gevang. Ek het 'n nuwe Daiwa Saltist 50 gekoop van amerika af (2 vir 1 promosie) wat nog nie water gesien het nie.

Ons is bietjie delayed.  voorste wieletjie van die sleepwa het afgebreek. hulle gaan vandag/more 'n nuwe een aan sweis.

So laatste gaan ons maandag ry, oorslaap in gobabis of windhoek, en dinsdag na henties toe gaan.

Ek sien daar is nasionale kampioenskappe in Henties tot die 10de.

Simen

Sealiner
Nasionale kampioenskappe is aan ja. Sal vir Marina (mev Spyker) vra om bietjie te laat weet hoe dit gaan.

Jammer om te hoor oor die oponthoud, dan sien ek julle Dinsdag.
 
Top