Name = nicknames

Lompies

New member
Ek het gewonder of die manne wat wil, nie dalk hulle regte name wil deurgee nie. Ek herken baie boot name op die see en weet dit is n sealiner, maar ken nie die man se naam nie. Dit klink vreeslik as ek vir snotslang, stinkmossel of baberbek roep. Net n idee.


Lompies - Morne
 

Lompies

New member
As daar nog sealiners is wat Sondag vanaf OPBC uitgaan kan ons dalk reel vir n friendly kompetisie. As daar  belangstelling is kan ons gesels oor tye.
Net nog n gedagte
 

Lompies

New member
Dagse Anchorman

Ons almal van tog vis en staan langs mekaar,maar min sealiners ken die ander. Ek vat myself as n voorbeeld. Die snoek is nou so wisselvallig dat dit eintlik lekker kan wees as ons bietjie bymekaar kom.
 

Anchorman

Senior Member
Dit is nogal waar, die vorige keer wat ek op die see was, was daar nogal 'n paar van ons wat naby mekaar gelê het. Dit is ook altyd handig om te weet daar is ander mense daar buite wat jou kan help as iets fout gaan, veral as mens op so klein bootjie soos ons ene daar agter op die see is.
 

Breads

Senior Member
Klink na 'n goeie idee. Ek moet nog besluit of Sondag OPBC of Millers gaan wees. Of dalk Yzerfontein. My skuit is geel en wit Acecraft - Hit'nRun.

Jannie
 

Bingo

Senior Member
Ek bootloos op die oomblik. Wag vir my nuwe bootjie. Wit 15 ft skicraft met blou strepe.   "Janien"

Het al heelwat van die manne op die see ontmoet.

Bingo - Jan Visser
 

stinkmossel

Sealiner
STINKMOSSEL - RIAAN RADEMEYER
KLINK NA N LEKKER IDEE LOMPIES, ONS SAL SEKER BY OPBC WEES SONDAG, KRISTY LEIGH, BLOU EN WIT SKUIT. EK SAL DIE EEN MET DIE GRROOTSTE GEELSTERT WEES...
 

hamco

Senior Member
Ek het nog nie veel kans aan die Weskus se kant gehad nie, maar as ons mekaar op Struisbaai/Kleinbaai/Gansbaai en Kleinmond raakloop - Wit en rooi boot - Janelle.

Stywe lyne vir die naweek.  Ek moet klompie admin op datum kry want moet volgende week vir die pot gaan skiet.

Hamco = Cornelis Ham
 

Anchorman

Senior Member
Anchorman - Chris
Kyk net uit vir die klein rubber duckie met die naam Blaasoppie.
Sal ongelukkig nie die naweek op die water kan kom nie, maar hopelik binnekort.
Die Blaasoppie se tuisveld is Struisbaai, maar ons gaan so van tyd tot tyd Yzerfontein toe.
 
BennieJordaan - Real name: Spiderman.

P.S. Don't tell anyone!

Here is a picture of me in action! You may have seen me around!
 

Attachments

  • spiderman_5.jpg
    spiderman_5.jpg
    51 KB · Views: 456

stinkmossel

Sealiner
Lompies wrote:
Stinkmossel aka windgat,grootbek

luister lompies, as ek more n geelstert vang, sal dit my eerste een wees, DAN SAL EK BESLIS WINDGAT WEES!!!!!!

SIEN EK JOU MORE BY OCEANA? DAN KAN ONS TACKLE COMPARE:spite:spite:spite
 
Top