Molasse voerblokke

Brakkanjan

Senior Member
Naand kêrels, het iemand dalk al self voer-blokke gemaak? Ek wil so paar redelike groot blokke maak. Koop ek die molasse by senwes? Mens het seker redelik baie nodig?

Soek hulle baksteen size.

Sal julle advies baie waardeer!
 
IWyk

Sealiner
Hi Brakkanjan

Ek koop melasse 20 liter by die koperasie(of Farm City). Ek meng dit dan met my mieliebom as ek in die Vaal rivier hengel. Dit werk baie goed(beter as blokke).

Dit is die soet en sout gemengde smaak van die molasse wat die visse lok en dit syfer stadig uit die mielie bom uit.

Nog n voordeel is as jy molasse net in die mielie bom gebruik is dit maklik om jou voerkol te skuif as daar byvoorbeeld n haakplek is by die eerste kol wat jy probeer.

As jy n hele blok ingooi kan jy uit die aard van die saak nie die voerplek skuif nie en dit kan frustrerend wees. Al is die blok baksteen grote sal dit vis bly lok vir n baie lang tyd omdat dit so stadig oplos in vergelyke met n mielie bom.

Vir wat dit werd is is dit in meeste provinsies onwettig om n voerplek te maak deur blokke of groot hoeveelhede voer te "drop", maar jy kan n voerkol maak deur met mielie bomme aan jou stok n voerkol bou.
 
kerneelsie

New member
IWyk wrote:

Thanks i Wyk::hapmad:clap12:wfish. jisie daai is 'n plan met 'n hod op!!!! gaan dit defnitief probeer! Thanks
 
Christo

Senior Member
Goeie More Manne

Daai voer bloke lyk baie nice en sal goed werk.Ek sal baie kleiner particals gebruik om die vis langer op die kol te hou.

Julle moet ook die mielies kook plas van dit rou in die bloke te sit,want die rou mielies verteer nie baie maklik nie,en die vis kan vrek.

Sterkte
 
Top