Hi daar, ek wil graag iets bietjie uitvind by julle manne hier. Ek sukkel die afgelope ruk om my mieliebom reg te kry. Ek kry net nie die goed om aan die sinker te bly nie. Ek glo natuurlik in Supercast, maar dis asof dit in die laaste tyd net nie lekker bind nie. Ek gebruik "mushroom" sinkers om my stroppe te bou so ek kan ook nie dink dat dit die probleem sal wees nie.
Agter op die pakke staan dat 'n mens 1 liter water moet ingooi en dan voer by sit tot dit 'n sagte "paste" vorm. Laat staan vir 25 tot 30 min. Wel dit werk ook nie vir my my nie die goed is nogsteeds te pap. Gooi ek nog voer by dan is dit te droog en so karring ek aan tot ek genoeg voer het om die Vaaldam dik te voer. Haha
Ek wil graag hoor hoe julle dit voorberei en voeg julle nog iets by dit om dit lekker te laat bind sonder dat mens dit die hele tyd afgooi.
Enige raad sal help.
Baie Dankie