Mieliebom (Groundbait)

tigermad

New member
Hi daar, ek wil graag iets bietjie uitvind by julle manne hier.  Ek sukkel die afgelope ruk om my mieliebom reg te kry. Ek kry net nie die goed om aan die sinker te bly nie.  Ek glo natuurlik in Supercast, maar dis asof dit in die laaste tyd net nie lekker bind nie. Ek gebruik "mushroom" sinkers om my stroppe te bou so ek kan ook nie dink dat dit die probleem sal wees nie. 

Agter op die pakke staan dat 'n mens 1 liter water moet ingooi en dan voer by sit tot dit 'n sagte "paste" vorm. Laat staan vir 25 tot 30 min.  Wel dit werk ook nie vir my my nie die goed is nogsteeds te pap. Gooi ek nog voer by dan is dit te droog en so karring ek aan tot ek genoeg voer het om die Vaaldam dik te voer. Haha

Ek wil graag hoor hoe julle dit voorberei en voeg julle nog iets by dit om dit lekker te laat bind sonder dat mens dit die hele tyd afgooi.

Enige raad sal help.
Baie Dankie
 
Hi

Wel daar is so baie produkte op die mark,
Maar die voer wat die beste vir my werk is Supercast se plain voer wat met die kolletjie gemerk is.
Hy werk baie goed vir my en maak seker om die voerpak mooi te skut voor jy dit met water aanmaak want die die goed wat dit lekker laat bind lê dalk heelonder in die pak..
 

Waldok

Senior Member
Gooi 2 koppies water in n emmer, voeg dan 4 koppies voer in. Laat staan vir 20-30min. In daai volgorde.

Supercast se voer is soms bietjie wisselvallig, met ander woorde, nie altyd konstant dieselfde nie, maar is meestal. So probeer n nuwe pak.
 

Naruto

Sealiner
Vat n koppie saam dam toe. Meeng twee koppies vier met een koppie water. Meng goed en laat staan. Pak solank jou bakkie af en kry die stokke reg. Teen die tyd wat jy reg is behoort die voer ook reg te wees. Vat n bol voer in jou hand en brei dit tot dit n lekker bolletjie is. Vat nou die stuk lyn bo die M sinker en sny die bol tot in die helfde deur. Druk die bol weer goed tot hy weer lekker solied om die lyn is. Trek dan die lyn bo die bol op sodat die sinker mooi in die bol intrek, maar nie te ver nie. Jy moet nog die ronding van die sinker kan sien. Gee weer so paar ferm drukke op seker te maak als is nog in een stuk. Cast met selfvertroue...
 

Brakkie

New member
As ek kompeterend hengel vat ek 2 x 2liter plasiek koeldrank bottels saam wat vol warm water is, die mieliebom bind soos 'n droom. Ek maak ook eers my bom en dan pak ek af.

My penmaat maak syne sommer al by die huis met warm water.
 

Jake the Snake

New member
Naruto wrote:
Vat n koppie saam dam toe. Meeng twee koppies vier met een koppie water. Meng goed en laat staan. Pak solank jou bakkie af en kry die stokke reg. Teen die tyd wat jy reg is behoort die voer ook reg te wees. Vat n bol voer in jou hand en brei dit tot dit n lekker bolletjie is. Vat nou die stuk lyn bo die M sinker en sny die bol tot in die helfde deur. Druk die bol weer goed tot hy weer lekker solied om die lyn is. Trek dan die lyn bo die bol op sodat die sinker mooi in die bol intrek, maar nie te ver nie. Jy moet nog die ronding van die sinker kan sien. Gee weer so paar ferm drukke op seker te maak als is nog in een stuk. Cast met selfvertroue...

Agreed. Jy kannie verkeerd gan nie.
Die belangriksteis om die pakke te skud. En maak seker jy kry vars voer. Baie van die manne koop voer wat hulle vir maande lank agter in `n stoor hou.

Jy kan dan ook so `n handtjie of twee chick chick bysit by 1kg se voer. Gee die bol net lekker gewig en bly ook langer op die kol agter.
 

Gertus

Senior Member
KOOP ROU MIELIES>> KOOK DIT VIR N PAAR URE>> MINCE DIT MET MEULTJIE>> DIE BESTE VOER OOIT !!! EN JY SAL LEKKER DIK ARMS HE NA DIE TYD>> ;-)
 

Gertus

Senior Member
jy sal verbaas wees hoe taai hy is ..so hy val nie af nie al gooi jy n s4 of s3 en jy sal verbaas wees hoe lekker hy opbreek .. vis is mal oor dit..
 

oosto

New member
As my bom nie so lekker wil bind nie, doop ek die bol sommer in 'n bietjie lê meel, brei hom dan weer deur, en sit dit dan op my P-sinker of spring...werk gewoonlik soos 'n 'bom'
 

Jake the Snake

New member
Nee wat ek het nog gelukkig nooit daai prbleem gehaat nie....Ek weet hoe om bom aan te maak....;)

Nee wat voor ek vir 2 of 3 ure lank my bom aanmaak en my arms afdraai aan iets klim ek eerder in my kar ry winkel toe en koop vir my n pak voer. Dan as ek by die water kom die volgende oggend dan maak ek die pak oop en maak hom daar an. Het nog nooit bom gehaat wat afval of so nie. Wel dat hy nie wil blus nie...Hat al baie daai probleem gehaat.

Jy sien die trick met superfeed is jy moet die pak skud voor jy hom oop maak, hom genoeg water gee om in te suig en in n groot plat bak aan maak. Dit gee die voer kans om lekker te trek. Los hom vir niks minder as 20 min nie brei hom lekker voor jy hom aan sit en sie daar... Perfek elke keer...

Dis wat Schalk my geleer het en het nog altyd vir my ge werk. Weetie hoe mense kan se die bom val af of willie bind of crap nie. As hy nie wil bind nie het jy ou voer gekoop. Gan praat dan met die winkel eienaar en kak hom uit. LOL

:fbash
 
Top