marius het my gekontak na sy post oor oubaai.gaan

Mariuz Meerholz

New member
Môre, laat terug op 'n week se hengel by Vleesbaai en kontrei.

Sparrabos dankie vir jou entoesiasme en posts, dankie aan Stefan en Pieter vir die geselsies.

Ek het 'n week toegewyd gehengel, my seuntjie van 9 het op dag een pangs my 'n mooi belman by Vleesbaai gevang, ek het sie heel week niks gevang nie, die laaste dag by die swemstrans vang hy 'n steenbras ook langs my, ek's was baie trots op hom.

My hoogte punt was om 'n lyn nat te maak saam met Pieter Immelman, sy toegewydheid en harde hengel was ongetwyfeld kenmeerkend.

Ek was bevoorreg om oom Geoff Cowley en oom Jan Viljoen raak te hengel by Vegkop, die wandel pad is na hom vernoem. Ek het heeldag saam hulle gehengel en al hulle stories gehoor oor die groot visse wat hulle daar gevang het, legendes en hulle is in hulle sewintigs, wat 'n voorreg. Hulle grootse galjoene en baie oor die 5kg.

Soos hulle sê Vegkop is "hulle" plek, myne ook nou.
 

Attachments

  • image.jpeg
    image.jpeg
    55.2 KB · Views: 109

SPARRABOS

Sealiner
Ja marius jy praat van groot geeste in hengel van daai wereld se vervloee dae........pieter sal weet......moet gou eers vegkop en fonteine se 'eerste burger'en heel grootste gees noem.....my oupa. oom lewis van rensburg en oom baas ook...as ek jou se hoeveel galjoene hul gevang het daar........met willys jeep en landy van kanon gery....almal 5 na 9 pond.....my pa john saam as seun....ja toe kom nog n legende....oom cowley......rare foto van hom in sy jong dae.....in mosselbaai se straat.....baie jare terug.....pieter seker net uit sy babadoeke en begin om jigmaster en 49 te gooi...:fbash:lol:1
 

Attachments

  • 2016-08-06 16.52.00.jpg
    2016-08-06 16.52.00.jpg
    32.1 KB · Views: 69
Pieter Immelman wrote:
Dankie vir die foto.



Ek het nie geweet ek "ken" vir Geoff Cowley nie, maar nou weet ek dat ek hom "ken" al weet hy waarskynlik nie wie ek is nie.

Ek het hom jare laas gesien.

Ons het hom geken as die man met die ketting :), nie op 'n naam nie.

EK het meer male saam met hom op dieselfde rots gehengel( maar nooit op vegkop nie).

Hy was/is 'n wonderlike storieverteller . Hy kon jou lang ure onderhou en bind met vertellinge van ervaringe wat hy al op verskillende plekke gehad het, en van wonderlike vangste wat hy al gemaak het.

Ek onthou varal die een storie van die dag toe die toestande wonderlik was vir kabeljou, en 'n "n transvaalse" seuntjie 'n strepe gevang het , en hoe hy hom betower het om vir hom die strepie te gee om 'n groot vis te vang met allerhande beloftes om die seuntjie te oorreed. Hy kon met smaak vertel hoe die strepie aasie na elke kabbeljou agteruitgegaan het en en watse moeite hy gehad het om die aasie weer aantreklik te laat lyk..., en die'" ongelooflike resultate".

Sy stories oor Vegkop het ek maar met n knippie sout gevat want ek kon nooit glo dat hy in sy toestand van "gesondheid" nog gister of verlede week daar gewees het nie......

Daar was vele meer stories....

As ons die dag huis toe gery het, het ons net vir mekaar gese: Al is net die halfte daarvan waar, is dit nog steeds merkwaardig.

Hy was 'n persoon met baie ondervinding en baie mooi vertellinge, en hy kon jou vir 'n hele hengelsessie daarmee bind.


Wat ons altyd moet onthou: As al 20 jaar se ondervindings in een of twee uur weergee word, mag dit klink dat elke keer wat ek hengel so suksesvol is. Dit is 'n vals beeld. Ons vertel altyd van al ons beste ervaringe, maar die maande tussenin word nie van verslag gelewer nie.


Hou dit daar, dit sal bedaar !!!!!
 

SPARRABOS

Sealiner
Hy was gereeld by george galjoenderby in die ring..al is dit n kleintjie...van fonteine natuurlik......wat my pa ons altyd oor oom cowley vertel het....hy kon vreeslik ver gooi...ek onthou dit soos gister....ja oom alwyn muller...groen suzuki jeep...my meer geleer om op gouritz te hengel as my eie pa....oom nikie louwrens ook.....gesels weer woensdag twee ure lank oor foon met oom nikie...moes hom eintlik net oor george derby verslag gee.....toe hengel ek en hy denkbeeldig oor telefoon gourikwa se rotskus....was steeds lekker.....al was ek in die sitkamer....;)
 
Top