Man skiet bielie van ’n marlyn
2012-01-07 03:46
Artikelopsies Deel Kry Die Burger op
Leighton Koopman
KAAPSTAD. – Meer as 10km en drie en ’n half uur later het ’n kranige visser van Gordonsbaai ’n bielie van ’n marlyn uit die Mosambiekse waters gehaal.
Mnr. Jan Louw het op 14 Desember tydens sy vakansie in Pomene aan die Mosambiekse kus ’n swartmarlyn van 316kg geskiet en uit die water gehaal.
Hy en vier ander mense het dié oggend om 06:00 op die boot Cavo’k na ’n rif sowat 5km van die strandmeer van Pomene gevaar om daar te gaan duik.
“Die water was sowat 16m diep. Ons was langer as ’n halfuur in die see en net een van ons het iets gevang, ’n groen Jobvis (ook bekend as ’n kakaap) van 7kg,†het Louw gesê.
“Die volgende oomblik toe ek vir asem opkom, sien ek die groot marlyn onder my deurswem.â€
Teen daardie tyd was Louw in water van 12m diep. Hy het dadelik geduik om die vis te volg.
“Ek het die vis ’n kort tydjie gevolg voordat ek hom met my pylgeweer geskiet het. Die vis was egter nie dadelik dood nie en het reguit diepsee toe geswem – met my pyl, boeilyn en boei agterna.â€
Louw het op die oppervlak gewaai dat die persoon wat die boot gestuur het hulle kom optel om die vis te volg. Die boot is toe teen ’n spoed agter die vis aangesleep soos die vis probeer wegkom het.
“Dit was ’n onvergeetlike ervaring om so vinnig agter die vis gesleep te word – dit terwyl ek heeltyd probeer het om hom die finale skoot toe te dien.â€
Ná ’n stryd van byna vier uur het die manne ook gespook om die 4m lange vis van 316kg uit die water en op die boot te kry.
Louw, wat al meer as 25 jaar vis skiet en lid van die Hugenote-visskietklub is, het gesê hy was op die regte tyd op die regte plek.
“Sover ons kan vasstel, is dit die grootste een wat uitgetrek is. Die manne op die boot was baie behulpsaam.â€
Die vis is later deur die hoofman van ’n stam opgesny en omtrent 54 gesinne wat daar woon het elk 5kg van die vis gekry.
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-skiet-bielie-van-n-marlyn-20120107
- Die Burger