Baardman wrote:
I heard there is a lot of theft on Maceneta? Have not been there myself, but have any of you guys experienced it?
There is crime all over Mozambique. Those Mozambicans who graduate here go back home and practise their trade there on unsuspecting South Africans. Manifistations are usualy petty, but at times extremely brutal. Best to also always be in larger groups, and be weary to travel at night.
HAAR SIEL IS STUKKEND
Beeld - 22 April 2009
Buks Viljoen
Bid net vir haar. Sy het nou krag en bystand nodig.
So smeek ’n Suid-Afrikaanse vrou, wat reeds nege jaar in Mosambiek woon, nadat haar 24-jarige dogter verlede week herhaaldelik in dié buurland deur rowers aangerand en verkrag is.
Die vrou en haar vriend woon in die Marracuene-distrik van die Suid-Afrikaanse buurland waar hulle ’n klein vakansieoord ontwikkel.
Volgens die vrou het haar dogter en dié se vriend (36), hulle ook drie jaar gelede in Mosambiek hervestig.
Hulle doen stukwerk by vakansieoorde op die
Macaneta-eiland, sowat 30 km noord van Maputo. Die eiland is ’n bekende vakansieplek onder Suid-Afrikaners en is in die seemonding van die Komatirivier.
Die aanval op haar dogter-hulle het verlede Dinsdagaand omstreeks 23:00 gebeur.
“Hulle is pas by hul woonwa in om te gaan slaap toe hulle die honde hoor blaf,†het die vrou gisteraand telefonies vanuit Macaneta vertel.
“Toe hy uitgaan om ondersoek in te stel, het hy in die loop van ’n AK47(-aanvalsgeweer) vasgeloop.
“Hy is oorval, vasgebind en ’n stuk lap in sy mond geprop. Hulle het hom erg aangerand.â€
In ’n stadium het ’n skoot afgegaan en is hy in die hakskeen getref.
“Die ergste was egter toe die twee rowers nie net my dogter in die woonwa vasgekeer en ook aanrand nie, maar hulle het haar herhaaldelik verkrag.
“Hulle het haar in ’n stadium ook in die hangkas ingeprop,†het die vrou huilend vertel.
Die rowers het daarna die hele woonwa deursoek en goed gesteel.
“Hulle het selfs eers van die kos geëet en van my dogter se vriend se klere aangetrek voordat hulle gevlug het.â€
Die rowers het op die vlug geslaan toe ’n voertuig skielik by die woonwa aankom.
Dit was glo van die bure wat vroeër die skoot hoor klap het.
“Dit is die eerste keer in die nege jaar wat ek hier bly dat so iets met enige van ons Suid-Afrikaners hier gebeur. Ons is gewoond daaraan dat sulke lelike goed in ons eie land gebeur, maar beslis nie hier nie.
“My kind hou haar dapper, maar ek weet haar siel is stukkend.â€
Nie een van die gesin oorweeg dit om Mosambiek te verlaat nie.
“Ons sal maar op ons eie manier hierdeur werk.â€
Volgens die vrou ondersoek die Mosambiekse polisie die voorval en vermoed hulle die aanvallers is van die plaaslike gemeenskap.
“Ons is egter van mening die aanvallers is nie van hierdie gebied afkomstig nie. Die plaaslike mense ken ons te lank en te goed om so iets vieslik aan te vang.â€