Luukse Hengelstoel

Brakkanjan

Senior Member
Die oubaas het my bietjie bederf hierdie naweek met 'n great geskenk, ons was bietjie by Senwes en het hierdie mooi stoele daar gesien.

Ek het op die laaste outing by die koepel die oubaas 2 mooi visse gekos en nou se hy daar is nie meer verskonings nie (Ek hoor ek het rooimiere in my broek en kan nie stilsit nie)

Aan die onderkant is 'n coolersakkie wat so paar goodies kan koud hou ;)
 

Attachments

  • S5002288.JPG
    S5002288.JPG
    37.2 KB · Views: 173

JakkieLouw

New member
Ouboet- nou kan ons hengel! Sal my nuwe stokke met antieke katrolle probeer / nuwes staan my nie aan nie! Kompetisie is aan sodra ek weer op die been is! Wat die stoel aanbetref - met 'n doel gekoop - sit! Bloed is nie eintlik 'n goeie smeermiddel vir skroewe en plate nie! Dankie vir die naweek saam - geniet dit altyd. Jou stokke is GREAT! Liefde. Pa.
 

Bruggie

Sealiner
Solank daar twee kan inpas is dit kwaai. Een wat jy drink en twee wat lê en wag in die cooler reg onder jou boude!!!
 

Naruto

Sealiner
Lekker stoel. Los hom maar by die huis as jy klubkomps doen. Netnou vergeet jy om nuwe aas aan te sit...lol!
 
Top