Hallo Blackmoon Ek was van die vorige Saterdag tot hierdie Sondag heeltyd op Pearly en het net drie gallies van oor die 45 cm sien uitkom in daai amper 10dae se hengel. Meeste gallies (en daar het nie hope uitgekom nie, was so tussen 36 en 38cm - ek self het net drie van bo 40cm gekry - 42/3/4 en kon nie 45cm haal nie.Ek ken twee locals daar wat KAN galjoenvang en het onder andere saam met hulle gehengel en hull het ook gereken jy werk hard vir jou visse - bestes het op wonderwurm en snotvrot rooiaas uitgekom - 'n paar op maanskyn, krewel, witmossel en minder vrot rooiaas. Ek het een mooi stenie van seker so +- 8kg sien uitkom op w.w - 'n local plaas-ou met stokoud geel Conoflex veselstok, Penn 49 en 45 pond no-name brand - stardrag vaskas gedraai en stenie het een van sy twee hoeke met w/w net agter die shorebrake so hard gegryp, dat ek dog die vis versuip hom - so sleep die vis hom onder my stok deur water toe !Ek het net jonger stenies gekry. Ek het Saterdag gaan inloer by die inweeg van Pearly Beach Hengelklub se komp teen 'n ander klub en kon net 8 gallies en seker so 11 stenies tel - geen gallies oor 45cm en grootste stenie seker skaars 6kg - die kondisies was maar swak en daai paar visse met seker 50 bakkies wat by die klub staan teen inweegtyd. Ek was die Woensdag by 'n afgetrede pel op Struis wat ernstig hengel en hy het in 14 dae net een kraker van 9.8kg en 'n kolhol gekry - ons het in die oggend met sak na laag vir die krakers gegooi sonder 'n byt en toe die namiddag op die stoot na hoog met die ligte stokkies vir gallies gegooi en gelukkig 'n paar asook kolhol wat ek getag het gekry. Probleem was maar daar ook watertemp en kleur - nooit bo 13 nie en net te skoon - Vrydag effe kleur begin optel, maar toe die wind draai weer begin uitsak.Hi Man van die see.
Daar was n paar kompetisies in Pearlies en omgewing laas naweek. Ons groep kon net 2 Gajoen en 1 kabbeljou land.
(Franskraal en die Die Gruis)
Maar ek het stories gehoor van baie goeie vangste by die Damme en Brandfontein. (Steembra's en Kabbeljou)
Hoe waar dit is weet ek nie. In die pub raak 5 visse baie gou 5O.
Hi Flippy - Old Salt sal jou beduie hoe ek gemoan en bitch het toe ek net daarna weer by hom was toe ek die kamera gaan optel het oor hy op die oomblik molesmaak en by die "workshop" was - nou nog nie heeltemal reg nie en weer terug na die shop. Ek was 19 jaar in die jag/safari en vuurwapen besigheid en het "ge OD " op doodmaak en fotos van dooie goed, so neem nou net fotos van lewendige visse. Hou darem 'n paar gallies en hotties vir die kole - alle ander visse gaan terug - cheers !well done cuban.. but where the pichers?
Hi Flippy - here is the 75cm 9.8 kg cracker that my mate caught at Struis on 04 Oct 2013 - Maxima Ultragreen - the day before I arrived at Pearly.Hopefully it's my turn next time !well done cuban.. but where the pichers?