Herman Nel
Senior Member
More Kêrels!
Dit hang beslis vd dam af, en wat die vis gewoond is in sekere dele...
In Barberton waar ek grootgeword het het was daar 5 damme digby mekaar,die een se water het die volgende gevoed ens.ens.
By dam 1 was 2 Klein platties ( R 5 grootte) met bietjie rooi poeier ( red cloud) die in ding...dam 2 so 50 meter verder 'n kurperkop of karpkop...dam 3 so 10 meter verder honderlewer of rou rump steak ...dam 4 ook so 10 meter verder Ghielemientjies, sommer so 4 of 5 op 'n groot hoek ingeryg...dam 5 so 1km verder was platannas weer baas!
Op verskeie kere het Krieke ook al so paar platkoppe op die wal laat beland veral in dam 4!
Presies dieselfde water, maar verskillende struktuur,plante,visse ens in die water...
So ent verder was daar riooldamme/watersuiweringswerke.
Daar was babers in die onderste "skoon" damme ( die gefilterde water wat weer in die Queens rivier ingaan ). Hier het groot kakkerlakke , dooie voëltjies, rondedop tuinslakke met rooipoeier , Vleipaddas,selfs gewone skurwepaddas hope babers gevang!
By Lydenburg area was heel krappe weer die ding...
In Europa is die nommer een aas Squid / tjokka vir die Wels! Wil dit nog probeer,dit maak sin, dit ruik effe snaaks en is baie taai so die bly goed aan die hoek!
In Amerika is die nommer een aas vir Channel catfish weer rou prawns met die dop en al,veral as dit so dag "mature" het...niemand kan stry met ryp prawns se reuk nie of hoe? Sal dit ook nog eendag toets!
In Zambië/ Zim is Blouseep weer die aas vir die Vundu,- Blouseep is basies uitgekookte vet wat in 'n seep omskep word, nie blou Lux nie...hehe!
Hoe ookal, Babers kan en sal feitlik enige iets eet,daarom is hulle vd suksesvolste visse in Afrika!
Groete
Herman