Dit hang wertlik af waar 'n ou vang. Hier by ons is bv een dam (Voelvlei) wat jy hulle moor met sardines en sukkel met ander baits. By Meerlust het ons hulle gepiets met gekookte eier. Ses eiers 4 babers van ave oor die 3kg, een eier afgecast en die ander een afgebyt in 'n kwessie van 'n uur en 'n half. Ja julle hoor reg gekookte eier. Dag ou of dop kuikens werk ook goed daar en dit lyk of hulle hand aan hand loop. Daar is bome wat oor die water hang met nessies in en ek vermoed baie eiers word uit die bome gewaai met ons winderige Kaap. By Bloemhof is die babers se main kos weer vis en koppe/fillets sal weer daar goed werk en so ook voëltjies/kuikens by die brug. Nog nie sukses met voëltjies en kuikens ver weg van die brug gehad nie.
Ek rate ook hoenderharte ver bo lewer. Dis 'n spier en bevat baie meer bloed. Hy sit dus baie beter op jou hoek en ja daai bloed darem maar. Ek het aan die ding gebyt om te proe en vir die heeldag het ek daai ysterbloed smaak in my mond geproe soos wanneer iemand jou op jou smoel gepot het. lol. Hoenderlewer, giblets, vismeel, supercast,hoenderharte, kuikens alles opgeblend met bloed van jou local slaghuis gebruik ek as lok. Vries klip hard en drop dan af. Ek is besig om met pikecrete (saagsels & water (maar in my geval bloed)) te eksprimenteer want dit smelt amper 15 keer stadiger as ys volgens Mythbusters. Lekker lank lok in jou area. Julle moet onthou die jong babers jag in klein skole en dis as hulle grootter word wat hulle alleen swemmers word.
Lekker mondvol. hehehe