Koppies Dam

Bruggie

Sealiner
More almal,

Het verlede naweek by Koppies dam gaan hengel en het soos volg gegaan:

Die wind was absoluut k@k!!!!! Ons het stukkke stil wind gehad, maar vir meeste van die tyd (Vrydag oggend tot Maandag middag) wat ons daar was het die wind gewaai, n mens sal sweer ons was langs die kus.

Maar ons het die beste daarvan gemaak en n paar goeie vangste gehad!Die lyne was met die aasbootjie in gevat die tye wat ons kon, op so 200m.

Die kombinasies wat die beste vir my gewerk het was:

1. SWD met Tjop Tjop en Vatikaki ( My persoonlike gunstelling by Koppies)

2. Fx Floatie met n heuning backing en Fx op die bol.

3. SWD met Crazy Bull en Stuttefords op die hoeke en Lootie op die bol.

 

Die gemidelde grote wat uitgekom het was tussen 3-6Kg.Ons het 4 barbers gevang waarvan 10Kg die grootse was. Die babers het ongelooflik vinnig gevat aan wat ookal ons vir hulle ingesit het.Maksimum n Uur.Nou ja, daar is n paar manne hul tente en Gazebos kwyt.My een tent paal het gesnap Sondag Middag en het net daar en dan my tent afgeslaan en n caravane gaan huur.

N paar fotos sal volg.
 

Unlimited

Sealiner
Lekker man. Was al 2 keer daar en elke keer hulle gelooi... Het jy dalk die baber fotos? Ken n ou wat reken visvang by Koppies is baie beter as visvang by Bloemhof...
 

Bruggie

Sealiner
ek het nou al net een keer by Bloemhof gevang, maar al baie by Koppies.Kan nie eintlik vergelyk nie(NOG NIE).Maar Koppies is potend!!!

Ek het fotos, maar dit is op n digitale kamera geneem en ek moet dit net nog aflaai.Die fotos was van my foon af.

O JA...AMPER VERGEET EK DIE HOOGTEPUNT VAN DIE NAWEEK.hET N 4kG GROOTBEK GEELVIS OOK GEKRY!!!

Sal die fotos later post.
 

tinytune

Member
baie baie nice.

 

is dit darem veilig daar.

 

was julle by die natuur resevaat?

het julle bote op die dam gesien?
 

Bruggie

Sealiner
Wel, daar was baie mense Saterdag oggend, maar na die goeie wind storm wat ons gehad het, het 99% van die mense opgepak!! Die 1 % wat oor was is ons gewees!

Geen bote nie. Baie veilig en ja was al aan die natuur resevaat se kant!Maar my beste vangste kom maar gewoonlik by die publieke kant uit!
 
Top