Kol gooi en voer plek

wmpruis

New member
Dagse mede sealiners.

Ek weet hierdie vraag is al baie gevra en al baie geantwoord, maar ek probeer nogsteeds verstaan hoe maak jy 'n kol en hou jy 'n kol. Ek het nog altyd op luck gevang, dip, gooi in en wag vir die vis om te byt. En soos ek hier op sealine lees sien ek ek maak een GROOT fout. Kol bou en kol gooi.

Wees asseblief geduldig as ek nie reg verstaan nie.

1. Sodra julle by julle stand kom. Maak julle, julle voer plain aan (met geen bymiddels) en cast julle gewoonweg so paar bolle soos bv 20 in op dieselfde plek? Met julle visstokke en M2 gewig?

2. Hoe 'lok' jy vis na jou voerplek? Gooi julle met elke nuwe cast dieselfde geur (bv een stok Kiana en FX en die ander stok Perdeby en FX) op julle kol? En hoeveel dip gooi julle op? dalk gooi ek te veel op.

3. Sodra jy voerplek het en die vis byt nie, verander julle drasties julle kombinasies na Garlic en Bloekom of iets?

Ek is oortuig daarvan dat as ek 'n kol het en dit reg onderhou my visvang ervaring baie lekkerder sal wees.
 

PI

Senior Member
Hi,


1. Ek maak my voer eerste aan nadat ek my hande ordentlik skoon gewas het. Ek gebruik vanilla op my hande. Ek maak plain voer, maar ek gou deesdae n koppie of twee mielierys by, sover vang ek nogal lekker. Ek try om net so 3 - 5 bolle te gooi aangesien ek kompeterend hengel, maar as jy social sal ek net so 10 gooi. Moet nie te veel dips opsit nie, ek hou myne skoon, maar ek sal elke 3de bal bietjie dip opsit. Ek hengel met springs maar sover ek verstaan is M2 bietjie swaar. Try M0 or M1.

2. Ek try altyd eers navors oor die area wat ek gaan hengel. Sodra ek sufficient info het sal ek altyd met een stok op die gewildste combo gooi en die ander een met my eie combo. Ek maak sommer sulke strepe op die bol. Try R5 grootte kolle maak dit is omtrent die size wat ek sal voorstel.

3. Gee kans vir die vis om op die kol te kom, partykeer is hulle dadelik daar, maar partykeer vat hulle n uur of drie. Ek sal miskien rond speel met een stok op die kol en die ander een gaan ek die vis soek. Try vlakker en dan try jy dieper. Gebruk die dips wat vir jou werk. Jy jan altyd ook rondkyk en check waar die ander manne hulle visse kry, miskien is jy te diep of te vlak.

Jy kan ook rondspeel met die bait presentation. Try om minder deeg op te sit, partykeer hengel ek letterlik net met n vuurhoutjie kop grootte degie, ander kere sal ek sommer twee floaties en n vet stuk deeg aanhak om te kyk as ek n groter vis kan hak.

Ek hoop dit help.

PI
 

wmpruis

New member
PI baie dankie sover vir jou antwoord. Ek sal my taktiek so probeer aanpas.

Gooi jy jou eerste paar bolle sommer met jou visstok in? Sit jy die bom op jou spring, gooi in, katrol dadelik weer uit, en dan die volgende bol?
 

Naruto

Sealiner
WM, ek sou sê dit hang baie af van waar jy gaan hengel, watter tyd van die jaar en is dit socialof n komp/klub byeenkoms.

As ek social is ek nie te veel gepla om n kol te bou nie. As ek byvoorbeeld Vaaldam toe gaan sal ek nie sommer met floaties hengel nie. Ek sit eerder Juana mielies op. Niks dip op die bol nie en gooi so ver as moontlik in. Daai mielie kan maar le vir ure. My ander stok sal ek soms bietjie iets probeer soos degies of floaties of wurms en ek sal dit so elke halfuur ruil tot ek vind wat werk. As jy elke halfuur mos nou n bol ingooi sal die vis naderhand agterkom die 'kol' kry gereeld voer en hul sal rondhang daar. Dis nie altyd maklik om dieselfde te doen by ander venue soo Rietvlei of Roodeplaat nie. Sulke damme het weer n heel ander benadering nodig. Die vis byt dalk eerder in die nag of hul is al gewoond aan die boilies wat spesie hengelaars daar gereeld gebruik. Dit help om ook dan jou mede sealiners te vra voor jy na n spesifieke venue toe gaan of hul dalk nie raad het oor die plek nie.
 

wmpruis

New member
Dankie Naruto.

Ek het agtergekom almal vra net oor watter dips werk en nie stroppe en sulke goed nie, ek is selfs skuldig daaraan.

Ek het nou besef dat dit nie net die dip is wat vir jou vis gee nie. Ek was saterdag Homestead toe en op sealine en 'n paar ander websites gelees wat werk daar. Dit probeer en niks gevang nie. Miskien was die water omstandighede anders as wat die ander al voorheen daar gevang het.

Ek het toe gesit en gedink wat doen ek verkeerd... Probeer nogsteeds.

Ek is al moedeloos om 3 uit 4 kere te blank as ek gaan visvang... :swear

Dit is seker hoekom ek elke keer stupid vrae vra. LOL::jest
 

LeonK

Member
ek is nou nie n pro nie but here it goes:

1. ek soek eers die vis en clip dan in. as die tempo reg is hoef mens die ekstra bolle te gooi nie. maak net seker jou bol is sag genoeg om op daai kol te bly en maak seker jy gooi teen die clip

2. as dit wind stil is of gedurende winter, begin ek met min dip op die voer. as die wind meer waai sal ek meer dip op die voer gooi. so nou en dan sal ek bal en al skud en vla/sa poeier net om die kol aan die gang te hou. ek nie sommer die kombinasie verander nie, ek sal eerder eers iets by sit.

3. as jou kol aan die gang is, is die belangrikste om jou kol aan die gang te hou. dis dan waar jou poeiers begin werk.

die belangrikste vir my is om eers die aas te bepaal, daarna om die vis op te spoor (afstand)
dit help nie jy cast 20 bolle die water in maar jy weet nie of die vis op daai afstand wei nie.
 

Lunatick

New member
Presies soos Leon daar se, soek eers die vis, clip in, gooi dan so 3 bolle vinnig, stok terug in die water, volgende keer nog so 3 bolle!

Ek het 'n klomp kol traces, 2 way swivel kort stukkie lyne met 'n clipon swivel onder wat ek my groote sinker kan wissel. Bou jou bolle klaar en sit in 'n emmer met 'n deksel op sodat hulle nie uitdroog nie. As jy jou vis gekry het, dan stoot jy die bolle!
 

wmpruis

New member
Hoe maak julle dan met bv 'n kompetiesie of 'n besige venue waar jy nie rerig keuses het waar jy staan nie?
 

LeonK

Member
steeds dieselfde

spoor eers die vis op. hengel een stok diep en een stok vlak....werk hulle namekaar toe. of kyk op watter afstand die bure hulle vis kry. as hy vis kry op 80m help dit nie jy hengel op 40m nie, jy gaan dan ook op 80m hengel. speel rond met die ander stok want die vis kom in en hulle gaan uit soos die water warmer of kouer word.
as ek bv cilliers hengel gaan en nie hier voor rondtjommel nie, ek gaan diep want ek weet die vis kom dieper uit. (vir my altans)
doen jou huiswerk oor die oewer waar jy gaan hengel en sodoende sal jy weet op watter afstand om te hengel.
 

wmpruis

New member
Thanks julle.

Dit is baie nice vir almal se advies. ::respekt:

Ek sal volgende naweek bietjie hierdie tegnieke probeer.

::S
 

Naruto

Sealiner
Eerste ding in n komp is gewoonlik aftsand. As jy nie vis kry nie, kyk waar gooi die ou langs jou en kyk of hy wel vis kry daar. Eks n sucker as dit kom by casting. Ek gaan sommer altyd van die begin af 90m. Sukkel soms om myself in toom te hou en op 30m te hengel.
 

wmpruis

New member
So ek moet dan so +- 3 ure dan wag voor ek afstand verander? 

Naruto, ek doen presies dieselfde. :doh Dit is moeilik om met die 16 voet stokke nie ver te cast nie. LOL

 
 

LeonK

Member
nee jy hoef nie, begin een stok op se maar 100-120, en die ander stok op 60-80m. wagtydperk voor jy ruil sal so 30 min wees vir die somer.
 

Naruto

Sealiner
Jip, Rampokker is reg. Ruil jou stokke so elke halfuur in somer. Ek kan nou nie praat van ander damme nie, maar by die Vaaldam behoort jy altyd vis te kry. Daar is iewers iets nie reg as die vis nie byt nie. Skielike verandering in lugdruk. Erg wind. Windstil en baie warm. Party dae sit en wag ons dat die vis byt, dan vang die penkoppe vis op 30m.

Soos ek vroeer gese het hang dit ook af van wat jy uit jou hengel uitstappie wil he. Baie klein vissies. Klein vis met n paar groot vis tussenin. Net groot vis. Komps is ek gewoonlik gefokus om enige vis te vang. As ek social hou ek daarvan op enige vis te vang, maar dis tog lekker as jy daai stok optel en dis n fotografiese vis. Desember het ons bietjie gekamp by Ardenza. Die een dag speel ek toe so rond met net een stok in die water. Trucella plain white soft floatie op elke hoek. Boogeyman op die bol. Daar was n ou langs my wat net vir die dag daar kom oefen het en ek het met die een stok seker dubbel die vis gevang wat hy gevang het.

WM, as jy wil dan join jy ons as ons weer sealine social(hopelik voor desember) en dan vang ons lekker vis saam.
 

wmpruis

New member
Jis Naruto dit klink soos 'n baie goeie idee. Dan kan ek sommer eerste hands sien wat ek verkeerd doen.

Ek sal tevrede wees met enige vis, groot of klein.
 
Top