Kees v/d Walt 04/06/2011

Waldok

Senior Member
Hallo hallo,

Wes Rand polisie hengelklub was die naweek by Kees van der Walt se gronde gewees vir ons maandelikse klub komp.

Daar aangekom so net voor 7, aangesien ons eers 8 uur begin hengel het. Dit was koud gewees, maar om eerlik te wees, het ek al kouer gekry in die winter as saterdag. Penne was getrek en ek het die eer gehad om te trek namens my en my penmaat Justplainshark. En watse wenner het ek nie getrek nie !!! 2de Laaste pen weg van die sloepie wat die oewer maak. Carp 1 was n gas vir die dag by ons klub gewees, en daarom kon hy die pen langs ons kry, die heel buitenste pen.

Lyne in so net na agt, aangesien ek weereens eers leader moes knoop en voer aanmaak. Kort na 8 was die lyne in, en ek kry my eerste byt net voor 9 op stok 1, in die keepnet. Die vis het verder teen n redelike tempo uitgekom.

JPS het stadiger uit die blokke uitgekom, maar het toe onder ons uitgetrek en eindig die dag met 20 vis vir 18,33kg. Loshande eerste (ek dink dit was met 110 punte voor die 2de ou). Ek het toe n 3de plek gekry met die 2de swaarste sak, wat n mooi grassie ingesluit het van 3,35kg. 11 Vis vir 11,3 kg.

Carp1 het self nie sleg gedoen nie en met omtrent 8 vis geeindig, hy het veral n goeie laaste uur beleef.

Hengel afstand was so tussen 70 en 90 meter. Aas was plain deeg en floaties.
 

CARP1

Sealiner
Ja nee,dit was n puik dag.Great weer,great company,great dag.Dankie aan Waldok en JPS vir die geleentheid om saam met hulle te kon hengel.Dit was n voorreg en ek hoop ons kan baie vinnig weer so maak.O ja,die vrou se sorry oor die slegte SuperBru nuus...
 
Gideon,
jy het so knap voor 17:00 daai e-pos gegooi oor die blou bul en 5m haai :)
Wil sommer hier ook vir jou dankie se vir n lekker Saterdag. Uiteindelik kom ons by mekaar uit. Jy het goed weg gespring en goed geeindig die dag. Hoop jy join die volgende klub komp ook.

Vergeet maar oor die verskriklike rugby uitslae. Dit was in die refs se hande Saterdag.
 

MadCarper

Sealiner
justplain, nice om te sien jy het toe ook n goeie kant.... :fbash (nie so grommig soos op die ander forum nie :dude: )

Lekker graskarp daai.
 

Naruto

Sealiner
Geluk manne!

Hoe groter daai grassies, hoe beter fight hul.

Darem maar n lekker stukkie water daai. Dis snaaks dat jul so baie vis gekry het en ons so min.

JPS, die manne gaan jou mis met die volgende liga. Sterkte daar onder.
 

Waldok

Senior Member
Ja dit was nogals verbasend om te sien dat baie vis uitgekom het. Die klub het n totaal van 134 vis vir die dag gevang met n gewig van 92kg.
 
Naruto,
Uit 22 senior hengelaars het 5 geblank en net die twee penkoppe het geblank. Maar my seuntjie het nie eers gebother om sy goed uit te haal nie. Hy het die kok gespeel vir die dag en die potjie gemaak.

Thanx, ek gaan dit daar onder geniet. Gaan by Eden HK aansluit en voluit gaan vir die ligas en proewe. Die naaste "Liga"-dam aan my is skaars 30km. ::S Hulle laaste proef was ook daar gewees. Maar Wesrand Polisie het genoeg hengelaars om twee liga spanne in te skryf. Die "B"-span gaan voorlopig in die E-afd ingeskryf word.
 

LeonK

Member
my hell....Gideon is jy carp1? volgende keer gesels ons n bietjie langer maar nice om te ontmoet. hopenlik sien ons jou by die volgende klub komp en ek sal jou al die short cuts verduidelik daar van ons kant van die wereld af.

yip, klub gaan n nuwe era in en dinge lyk baie goed. net jammer ons het n ou staatmaker in die vorm van Justplainshark verloor. maar.....soos ek dinge bekyk is waldok besig om sy boet se skoene vol te staan.

julle broers het mooi gehengel, geluk. (julle het ons stukkend gehengel)
 

CARP1

Sealiner
Dit sal nou ekke wees daai...:).Ek sien julle beslis by die volgende klubcom.Dit lyk 95% dat ek dan ook by julle aansluit op permanente basis.
 
Top